Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 4:34
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 34 Of het God al ooit probeer om vir hom ’n nasie onder ’n ander nasie uit te neem met oordele,* tekens, wonderwerke,+ oorlog,+ ’n magtige hand,+ ’n uitgestrekte arm en skrikwekkende dade,+ soos Jehovah julle God vir julle voor julle oë in Egipte gedoen het?

  • Nehemia 9:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Toe het u tekens en wonderwerke teen Farao en al sy knegte en die hele volk van sy land gedoen,+ want u het geweet dat hulle u volk onderdruk* het.+ U het vir u ’n naam gemaak wat tot vandag toe onthou word.+

  • Psalm 105:27-36
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Hulle het sy tekens onder hulle gedoen,

      sy wonderwerke in die land van Gam.+

      28 Hy het duisternis gestuur, en die land het donker geword.+

      Hulle het nie teen sy woorde in opstand gekom nie.

      29 Hy het hulle water in bloed verander

      en hulle visse doodgemaak.+

      30 Hulle land het gewemel van paddas,+

      selfs in die koninklike kamers.

      31 Op sy bevel het steekvlieë gekom,

      en muggies in al hulle gebiede.+

      32 Hy het hulle reën in hael verander

      en weerlig* oor hulle land gestuur.+

      33 Hy het hulle wingerdstokke en hulle vyebome getref

      en die bome van hulle gebied vernietig.

      34 Hy het gesê dat die sprinkane moet kom,

      jong sprinkane wat nie getel kon word nie.+

      35 Hulle het al die plante in die land verslind,

      en hulle het die opbrengs van die grond verslind.

      36 Toe het hy elke eersgeborene in hulle land doodgemaak,+

      die begin van hulle voortplantingsvermoë.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel