Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
Aankondiging
Nuwe tale beskikbaar: Betsimisaraka (Northern), Betsimisaraka (Southern), Konkomba, Matses, Mi'kmaq
  • Vandag

Donderdag 16 Oktober

Maak die weg van Jehovah gereed! Maak vir ons God ’n reguit grootpad deur die woestyn. – Jes. 40:3.

Die moeilike letterlike reis van Babilon na Israel kon omtrent vier maande neem, maar Jehovah het belowe dat enige struikelblokke wat kon keer dat hulle teruggaan, verwyder sou word. Vir getroue Jode was die seëninge om na Israel terug te gaan, baie groter as enige opofferings wat hulle sou maak. Die grootste seëning het te doen gehad met hulle aanbidding. Daar was nie ’n tempel van Jehovah in Babilon nie. Daar was nie ’n altaar waar die Israeliete die offerandes kon offer wat deur die Wet van Moses vereis was nie, en daar was nie ’n georganiseerde priesterdom om daardie offerandes te maak nie. Daar was ook baie meer mense in daardie stad wat valse gode aanbid het as dié wat gehoorsaam was aan Jehovah en sy standaarde. So getroue Jode – duisende van hulle – het daarna uitgesien om terug te gaan na hulle tuisland waar hulle rein aanbidding kon herstel. w23.05 14-15 ¶3-4

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Vrydag 17 Oktober

Gaan voort om as kinders van die lig te lewe. – Ef. 5:8.

Ons het die hulp van God se heilige gees nodig sodat ons kan aanhou om “as kinders van die lig” op te tree. Hoekom? Omdat dit baie moeilik is om rein te bly in hierdie onsedelike wêreld (1 Tess. 4:​3-5, 7, 8). Heilige gees kan ons help om te veg teen die denke van die wêreld, insluitende die filosofieë en beskouings wat nie met God se denke ooreenstem nie. Heilige gees kan ons ook help om “elke soort goedheid en regverdigheid” te ontwikkel (Ef. 5:9). Een manier hoe ons heilige gees kan ontvang, is deur daarvoor te bid. Jesus het gesê dat Jehovah “heilige gees [sal] gee vir dié wat hom vra” (Luk. 11:13). En wanneer ons Jehovah saam by Christelike vergaderinge loof, ontvang ons ook heilige gees (Ef. 5:​19, 20). Die goeie invloed van God se heilige gees sal ons help om op ’n manier te lewe wat God gelukkig maak. w24.03 23-24 ¶13-15

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Saterdag 18 Oktober

Hou aan vra, en daar sal vir julle gegee word. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en daar sal vir julle oopgemaak word. – Luk. 11:9.

Moet jy geduldiger wees? Indien wel, bid daarvoor. Geduld is ’n aspek van die vrug van die gees (Gal. 5:​22, 23). So ons kan vir heilige gees bid en Jehovah vra om ons te help om die vrug daarvan te ontwikkel. As ons in ’n situasie is wat ons geduld toets “hou [ons] aan vra” vir heilige gees om ons te help om geduldig te wees (Luk. 11:13). Ons kan ook vir Jehovah vra om ons te help om dinge uit sy oogpunt te sien. En dan nadat ons gebid het, moet ons ons bes doen om elke dag geduldig te wees. Hoe meer ons bid vir geduld en probeer om geduldig te wees, hoe meer sal hierdie eienskap in ons hart wortelskiet en deel van ons persoonlikheid word. Dit help ook om na te dink oor Bybelvoorbeelde. In die Bybel is daar baie voorbeelde van mense wat geduldig was. Deur na te dink oor daardie verslae, kan ons leer hoe om geduldig te wees. w23.08 22-23 ¶10-11

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel