Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: Enige sakformaatboek wat voor 1980 uitgegee is en waarvan die gemeente ’n voorraad het teen die verminderde bydrae van R1,00. Indien die gemeente nie ’n voorraad boeke het wat teen die verminderde bydrae aangebied kan word nie, kan die volgende boeke bestel word: Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, God se “ewige voorneme” seëvier nou ten goede van die mens en Heilige gees—die krag agter die komende nuwe orde! teen ’n bydrae van R1,00 elk. LET WEL: Slegs gedurende hierdie kampanje sal die prys van die sakformaatboeke voor 1980 60c vir gewone en spesiale pioniers wees. Die prys vir gemeenteverkondigers en hulppioniers is R1,00 elk. Gemeentes kan krediet aanvra vir boeke voor 1980 wat deur verkondigers en pioniers bekom is vir die aanbod vir Januarie en Februarie. (Engels: Survival Into a New Earth teen ’n bydrae van R2,50.) Maart: Aanbod soos by Streekbyeenkoms aangekondig. April en Mei: Wagtoring-intekening. Waar ’n intekening nie bekom word nie, kan twee tydskrifte en enige brosjure teen ’n bydrae van R1,95 aangebied word.
● Vanaf 1 Maart sal die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners “Derduisende juig in Jehovah by Poolse byeenkomste” wees. Dit sal ’n skyfievertoning wees oor sommige van die glanspunte van die “Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkomste wat in 1989 in Pole gehou is.
● Die spesiale toespraak vir die 1990-Gedenkmaalseisoen sal wêreldwyd op Sondag, 25 Maart 1990, gehou word. Die onderwerp van die toespraak sal wees: “Streef die werklike lewe na!” ’n Skets sal voorsien word. Die gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende naweek hou. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 25 Maart hou nie.
● Die brosjure Die skool en Jehovah se Getuies kan nou beskikbaar gestel word aan onderwysers of belangstellendes wat om ’n eksemplaar vra. Gemeentes kan gerus voorraad bestel vir ouers wat ’n eksemplaar aan hulle kinders se onderwysers wil gee.
● ’n Aantal gemeentes stuur deur middel van Faks-masjiene korrespondensie aan die Genootskap. Let asseblief daarop dat dit slegs in dringende gevalle gevalle gedoen moet word. Dit moet ook nie gebruik word in die plek van vorms wat die Genootskap saam met geldsendings verlang of om velddiensrapporte aan die Genootskap te stuur nie.
● Gemeentes moet die 1990 Yearbook of Jehovah’s Witnesses begin bestel. Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle jaarboeke deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie jaarboeke te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Januarie 1990 of so gou moontlik daarna aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm (S-14). Die jaarboeke sal in Duits, Engels, Grieks, Italiaans, Nederlands en Portugees beskikbaar wees. Totdat die jaarboeke beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will send later” op gemeentefakture verskyn. Gemeentes moet slegs die hoeveelheid jaarboeke bestel waarvoor daar gevra word. Geldsendings moet nie gemeentebestellings vergesel nie, behalwe waar gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of waar hulle rekening ’n nadelige saldo het. In sulke gevalle moet kontant die bestelling vergesel. Die jaarboeke is beheerde items en die lektuurrekening sal met R2,60 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers en die publiek. (Sien Pryslysinstruksies, paragrawe 19-21.) Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1989 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry waarvoor die gemeente op die “Remittance and Credit Request”-vorm (S-20) krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen Rl,30 elk verkry. (Aan sekretaris: Laat gemeente asseblief weet wanneer jaarboeke ontvang word, sodat almal wat bestel het hulle eksemplare kan kry.)
● Gemeentes mag nou bestellings plaas vir die herdrukte Watchtower-bundels vir 1970 en 1971. Moet asseblief nie bundels vir jare na 1971 bestel tot Ons Koninkryksbediening aankondig dat dit beskikbaar is nie.
● Nuwe kassetopnames beskikbaar: Luister na die Groot Onderwyser (vyf kassette en boek in album; gemeente en publiek: R34,00; pioniers: R28.50)—Portugees