Is jy ’n gereelde verkondiger?
Aangesien net ongeveer 80 persent van ons verkondigers gereeld aan die bediening deelneem, moet jy asseblief die oorsiglys hieronder gebruik om te bepaal of jy ’n gereelde verkondiger is of nie:
□ Het ek elke maand gedurende die laaste ses maande aan die bediening deelgeneem?
□ Het ek my velddiens elke maand gerapporteer?
□ Om seker te maak dat ek nie ongereeld word nie, is dit my gewoonte om ELKE week aan die bediening deel te neem?
As jy steeds twyfel, moet jy asseblief met die gemeentelike sekretaris in aanraking kom.