Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R10,50. April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R30,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R15,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R19,00 en R9,50. Junie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R10,50. Klein uitgawe kos R5,30.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeentelike rekeninge op 1Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoenis.
◼ Die Wagtoring van 1 November 1994, bladsy 28, het elke gesin aangemoedig om hulle eie teokratiese biblioteek te hê. Ons het die volgende ouer bundels beskikbaar by Bethel: The Watchtower: 1960-93; Awake!: 1984, 1986, 1989-93. Maar sodra die huidige voorraad op is, sal daardie bundels nie meer verkrygbaar wees nie. Ons moedig individue en gemeentes dus aan om die bundels te bestel wat hulle nodig het sodat hulle biblioteek so volledig moontlik toegeruskan wees. Toekomstige bundels salbeskikbaar wees sodra hulle gedruk is.
◼ In ooreenstemming met die Pryslysinstruksies, bladsy 11, paragraaf 50, wil ons alle gemeentes daaraan herinner om die tydskrifte in datumvolgorde aan verkondigers beskikbaar te stel sodra hulle ontvang word.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Afrikaans: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte (gemeente en publiek: R5,60; pioniers: R3,70). Zulu: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte.
◼ Nuwe videokasset beskikbaar:
Engels vir dowes: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Videokasset nr.1; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00). Hierdie publikasie sal uiteindelik uit altesaam 11 videokassette bestaan. Dit sal afsonderlik op die lys geplaas word soos dit beskikbaar kom.