Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/97 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1997
Ons Koninkryksbediening—1997
km 2/97 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R12,00. Maart: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R4,00. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R41,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R20,50. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. Vir velddiens in die middel van die week en in gebied wat dikwels gedek word, kan die nuwe brosjure Wat vereis God van ons? ook gebruik word. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00.

◼ Verkondigers wat graag in Maart, April en Mei as hulppioniers wil dien, moet nou hulle reëlings tref en hulle aansoekvorms vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en om genoeg tydskrifte en ander lektuur beskikbaar te hê. Die name van almal wat as hulppioniers goedgekeur is, moet in die gemeente aangekondig word.

◼ Gemeentes moet die 1997 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuurbestellings vir Februarie begin bestel. Die jaarboek vir 1997 sal in Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees en Zulu beskikbaar wees. Vanjaar is dit ook in Suid-Sotho en Xhosa beskikbaar. Totdat hierdie boeke beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentefakture verskyn. Jaarboeke is ’n beheerde item en sal teen R6,00 elk op die lektuurrekening gedebiteer word. Pioniers wat langer as ses maande op die lys is, kan ’n gratis eksemplaar ontvang waarvoor die gemeente krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen R4,00 elk bekom.

◼ Let asseblief daarop dat daar met ingang van 1 November 1996 ’n prysverhoging was vir intekeninge wat per POS gestuur word. Raadpleeg die pryslys vir nuwe tariewe.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte (gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R4,00)—Tswana

Die geheim van gesinsgeluk (gemeente en publiek: R4,00; pioniers: R3,00)—Afrikaans, Chicheŵa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Hongaars, Italiaans, Kroaties, Nederlands, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Serwies, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel