Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het.
◼ Vanaf Februarie sal die kringopsieners die nuwe openbare toespraak hou met die tema “Vertrou jy op Jehovah?”
◼ Vanaf Die Wagtoring se nommer van 1 Februarie 2012 sal die reeks “My Bybellesse” in die publieke uitgawe van hierdie tydskrif verskyn. Hierdie reeks, wat ouers kan gebruik om kinders te leer wat drie jaar en jonger is, sal afgewissel word met die reekse “Leer jou kinders” en “Vir jongmense”.
◼ Die ontoegekendegebied-kampanje vir 2011 was baie suksesvol. In ons takkantoor se gebied het 320 gemeentes en 10 340 verkondigers hierdie reëling ondersteun. Hulle het 14 867 boeke, 50 222 brosjures en 104 664 tydskrifte onder belangstellendes versprei, en dit het daartoe gelei dat 9 266 herbesoeke gedoen en 1 509 Bybelstudies gehou is. Ons sien nou met groot afwagting uit na die ontoegekendegebied-kampanje vir 2012.