Velddiensglanspunte
Gedurende die 2011-diensjaar was daar ’n toename in verkondigers van tussen 1 en 5 persent in al die lande onder die Suid-Afrikaanse takkantoor. In Suid-Afrika is daar altesaam 4 337 nuwe dissipels gedoop en het 216 543 die Gedenkmaal bygewoon. In Swaziland is daar nou 1 verkondiger vir elke 388 mense in die land. Op St. Helena is die verhouding 1:35. Die Jaarboek vir 2012 sal volle besonderhede voorsien van die uitstekende werk wat in ons deel van die veld gedoen word.