Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 9 bl. 28-bl. 29 par. 1
  • Uiteindelik ’n seun!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Uiteindelik ’n seun!
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • God het haar “Prinses” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Abraham en Sara—Jy kan hulle geloof navolg!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • ‘Jy is ’n vrou wat pragtig is’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 9 bl. 28-bl. 29 par. 1
Sara luister vanuit ’n tent terwyl die engele met Abraham praat

LES 9

Uiteindelik ’n seun!

Abraham en Sara is al baie jare lank getroud. Hulle het hulle gerieflike huis in Ur verlaat en het in ’n tent gebly. Maar Sara het nie gekla nie omdat sy op Jehovah vertrou het.

Sara wou so graag ’n kind hê dat sy vir Abraham gesê het: ‘As my diensmeisie Hagar ’n kind kry, sal dit soos my eie wees.’ Later het Hagar ’n seun gehad. Sy naam was Ismael.

Sara is swanger

Baie jare later, toe Abraham 99 jaar oud was en Sara 89, het hulle drie besoekers gehad. Abraham het hulle genooi om onder ’n boom te rus en iets te eet. Weet jy wie die besoekers was? Hulle was engele! Hulle het vir Abraham gesê: ‘Volgende jaar hierdie tyd sal jy en jou vrou ’n seun hê.’ Sara was in die tent en het gehoor wat hulle gesê het. Sy het saggies gelag en gedink: ‘Kan ek regtig ’n kind hê, al is ek so oud?’

Die volgende jaar het Sara ’n seun gehad, net soos Jehovah se engel belowe het. Abraham het hom Isak genoem, wat “gelag” beteken.

Toe Isak omtrent vyf jaar oud was, het Sara gesien dat Ismael hom terg. Sy wou haar seun beskerm, en daarom het sy na Abraham toe gegaan en gevra dat hy Hagar en Ismael moet wegstuur. Eers wou Abraham dit nie doen nie. Maar Jehovah het vir Abraham gesê: ‘Luister na Sara. Ek sal vir Ismael sorg. Maar dit is deur Isak dat ek my beloftes sal nakom.’

Sara hou Isak vas terwyl Hagar en Ismael weg loop

“Deur geloof het Sara krag ontvang om swanger te word, . . . want sy het geglo dat die Een wat die belofte gemaak het, getrou is.” – Hebreërs 11:11

Vrae: Wat het die engele vir Abraham gesê? Hoe het Jehovah Isak beskerm?

Genesis 16:1-4, 15, 16; 17:25-27; 18:1-15; 21:1-14; Hebreërs 11:11

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel