Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/86 bl. 1-4
  • Help nuwe verkondigers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help nuwe verkondigers
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • IS JY BEREID OM TE HELP?
  • HELP JULLE KINDERS
  • Positiewe stappe tot verdere vooruitgang
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Help nuwelinge om geestelike vooruitgang te maak
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Pioniers help ander
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Help nuwe verkondigers
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 9/86 bl. 1-4

Help nuwe verkondigers

1 Jehovah se volk is wêreldwyd aan die toeneem. Van 1984 tot 1985 het ons 184 909 verkondigers in die bediening bygekry. Land na land rapporteer steeds nuwe hoogtepunte. Baie mense maak vordering in die waarheid. Wie kan al hierdie nuwelinge help om tot Christelike volwassenheid te groei?​—Hebr. 6:1.

2 Ten einde ander te help, moet ons self volwasse Christene wees. Ons moet die ‘eerlikheid van die Here weerspieël’(2 Kor. 3:18, NAV). Ons doen dit deur die manier waarop ons lewe en die waarheid oor Jehovah se voornemens aan ander oordra.​—2 Kor. 3:5.

IS JY BEREID OM TE HELP?

3 Het jy goeie studiegewoontes sodat jy kennis kan opdoen wat jy met ander kan deel? Voorbereiding vir die vergaderinge help ook om jou vir hierdie goeie werk toe te rus. Ons almal waardeer hulp van ander. Toe Jesus sy dissipels twee-twee uitgestuur het, kon hulle mekaar aanmoedig en help terwyl hulle in hul gebied gewerk en met ander mense gepraat het.​—Luk. 10:1.

4 Nuwe verkondigers waardeer vriendelike hulp. Net die wete dat iemand aan hulle sy is om hulle, indien nodig, met die gesprek te help, gee hulle selfvertroue. Die persoon wat met ’n nuweling gestudeer het, maak hom gewoonlik touwys in die veldbediening. Ouers moet hulle kinders oplei. Maar ander kan help; trouens, die Bybel moedig ons aan om mekaar te help (Spr. 27:17; Gal. 6:6). Miskien weet jy van iemand in jou Gemeentelike Boekstudiegroep wat tog te bly sal wees as jy hom nooi om van tyd tot tyd saam met jou velddiens te doen.

5 Met die oog op hulp wat aan ander in die gemeente verleen moet word, het Paulus Titus vermaan om te ‘spreek wat by die gesonde leer pas’. Hy het hierop uitgebrei en die rol verduidelik wat “die ou manne” sowel as “die ou vroue” in die opbouing van die gemeente speel (Tit. 2:1-4). Veral nuwelinge en jongeres het hulp nodig om hulle lewe te vorm sodat hulle God kan behaag. Namate hulle opgebou word, sal hulle bekwaam word om ander in die waarheid te leer. Vandag, soos in die eerste eeu, moet ryp broers en susters eweneens hulle Skriftuurlike rolle om voorbeelde te wees en jongeres en nuwelinge in die gemeente te help in ’n ernstige lig beskou.

HELP JULLE KINDERS

6 Ouers kan baie doen om hulle kinders te help om vooruitgang te maak. Dit verskaf inderdaad groot tevredenheid om hulle met hulle eerste studentetoespraak te help, dan te sien hoe hulle hul eie toesprake uitwerk en die vermoë ontwikkel om met vrymoedigheid en insig te antwoord. Help jy jou kinders op hierdie manier? Kan hulle groter vordering maak as jy gereeld saam met hulle werk met daardie doelwitte in gedagte? Dink aan die vreugde wat jy sal smaak as jy seuns en dogters sien toeneem in waardering vir die waarheid en yweriger en bekwamer word om die goeie nuus met ander te deel.

7 Almal in die gemeente van Jehovah se volk moet hulle samewerking gee met die oog op elke lid se vordering in die bediening. Party is bekwaam om te onderrig, terwyl ander op ander maniere kan help. (Vergelyk 1 Korinthiërs 12:27, 28.) Miskien kan jy hulp verleen deur nuwe verkondigers aan te moedig en by te staan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel