Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/87 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Bestudeer die Paradys op aarde-boek en die Verenig in aanbidding-boek
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hoe om die ‘God se liefde’-boek te gebruik om Bybelstudies te hou
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 11/87 bl. 3

Vraebus

• Waarom moet ons twee publikasies met nuwelinge bestudeer, hoewel hulle gedoop kan word voordat albei boeke voltooi is?

Wanneer ons die waarheid aan nuwelinge leer, sal party persone dit vinniger as ander verstaan en aanvaar. Sommige kan in ’n betreklik kort tyd aan die doopvereistes voldoen. Maar dit is belangrik dat almal wat kennis van Jehovah opdoen, “vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig sodat [hulle] waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag”(Kol. 1:9, 10). Nuwelinge sal gehelp word om dit te doen deur die Paradys op aarde-boek en dan Verenig in aanbidding of Ware vrede volledig te bestudeer.

Deur eers ’n boek oor grondbeginsels en dan ’n boek wat Christelike eienskappe dek te bestudeer, ontvang die student goed afgeronde kennis. Hy leer ook fundamentele beginsels ten opsigte van persoonlike gedrag en aanbidding wat noodsaaklik is om ’n ware Christen te kan word. Elkeen wat na Jehovah se organisasie kom, moet volwasse word in verstandelike vermoëns wat die vereistes van die basiese Christelike godsdiens betref.​—1 Kor. 14:20, NW.

Die ondervinding het ook getoon dat ’n mens die hulp van ’n volwasse onderrigter nodig het om volwasse in verstandelike vermoëns te word. Hoewel dit belangrik is om die publikasies persoonlik te lees en vergaderinge waar hulle bestudeer word by te woon, bring dit nie altyd die “wysheid en geestelike insig” voort wat die nuweling nodig het om Jehovah aanvaarbaar te dien nie. ’n Persoonlike Bybelstudie met ’n onderrigter is noodsaaklik om ’n volwassene in verstandelike vermoëns te word (Hand 8:30, 31). Hoewel ’n persoon gedoop kan word voordat hy sy studie van voormelde boeke voltooi het, is dit dus verstandig dat sy tuisbybelstudie moet voortduur totdat hy die studie van albei boeke saam met een van Jehovah se Getuies voltooi het. Hoewel die student al gedoop is, kan die een wat die studie hou, die tyd, die herbesoek en die Bybelstudie rapporteer totdat die tweede boek voltooi is

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel