Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/89 bl. 7-8
  • Let voortdurend op hoe julle wandel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Let voortdurend op hoe julle wandel
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Ons moet ons eie pak van verantwoordelikheid dra
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bly wakker en bewaar julle sinne
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 8/89 bl. 7-8

Let voortdurend op hoe julle wandel

1 Die nuwe kringbyeenkomsprogram vir die 1990-diensjaar sal in September begin. Dit sal beklemtoon hoe belangrik dit is om te let op hoe ons wandel, die dinge na te jaag wat vrede in die hand werk en die talle strikke te vermy wat Satan en sy trawante, geestelik sowel as menslik, in ons weg stel.

2 Dit word nie in hierdie laaste dae makliker om in die weg van geregtigheid te wandel nie. Die tweedaagse kringbyeenkomsprogram sal derhalwe aanmoediging en praktiese hulp gee om Jehovah se volk te help om hulle geestelike balans te handhaaf en handhawers van onkreukbaarheid te wees.

3 Die byeenkomstema, “Let voortdurend op hoe julle wandel”, wat op Efesiërs 5:15,16 (vgl. NW) gebaseer is, is uiters gepas vir die ontwikkeling en aanbieding van die voorbereide materiaal. Onderrig sal gegee word deurmiddel van toesprake, demonstrasies, ondervindinge, onderhoude en tonele. Saterdag sal daar ’n geleentheid vir pas toegewydes wees om hulle te laat doop. Diegene wat beplan om hulle by die kringbyeenkoms te laat doop, moet die presiderende opsiener dus betyds laat weet sodat reëlings getref kan word om die voorbereidende vrae te hersien.

4 ’n Hoogtepunt van die kringbyeenkoms is die openbare toespraak wat deur die streekopsiener gehou sal word. Die onderwerp van sy toespraak sal wees: “Ligdraers in ’n donker wêreld.” Hierdie Bybelbespreking sal belangrike informasie bevat vir nuwe belangstellendes, en dit sal aanmoedigend wees vir diegene wat reeds as bedienaars van die goeie nuus dien.​—Matt. 24:14.

5 Julle kringopsiener sal julle laat weet wanneer en waar julle kringbyeenkoms gehou sal word. Tref definitiewe reëlings om al die sessies op albei dae by te woon. Ons kan dit nie bekostig om enige deel van die program te mis nie. Jehovah sal jou pogings beloon deur jou te help om te let op hoe jy wandel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel