Hulp op die regte tyd
1 Weens sy opregte belangstelling in die gemeente sal Jesus altyd “hulp op die regte tyd” voorsien (Hebr. 4:16, NW). Baie van die hulp wat ons nodig het, word deur “gawes in mense” voorsien, soos Efesiers 4:8,11, 12 (NW) beloof. Een so ’n gawe in elke gemeente is die diensopsiener.
2 Op watter maniere kan die diensopsiener ons help? Daar is verskeie maniere: (1) Hy strewe daarna om die belangrikheid van die predikings- en dissipelmaakwerk voor ons te hou. (2) Hy is daaroor besorg dat goeie orga-nisasie en leierskap in die veld deur middel van die Gemeentelike Boekstu-diegroepe voorsien word. (3) Hy stel daarin belang om te sien dat ons elkeen die persoonlike hulp ontvang wat ons nodig het om bekwamer bedienaars te word.
DIE DIENSOPSIENER SE BESOEK
3 Benewens die goeie hulp wat gereeld deur die Gemeentelike Boekstudiereëling verleen word, is daar spesiale voorsiening vir ons gemaak om persoonlik hulp te ontvang. Die diensopsiener hou gewoonlik ’n Gemeentelike Boekstudie, maar een keer per maand woon hy nie sy eie groep by nie sodat hy ’n week lank saam met een van die ander boekstudiegroepe kan werk. Sy assistent neem waar wanneer hy weg is. Hy stel die studiehouer vooraf van sy besoek in kennis sodat die groep die nodige reëlings kan tref om ten volle by die week se bedrywighede baat te vind.
4 Gedurende hierdie spesiale week word die boekstudie 45 minute lank op die gewone manier gehou. Dit gee die diensopsiener 15 minute om ’n bemoe-digende toespraak te hou wat daarop gemik is om ons te help om in ons evan-gelisasiewerk te verbeter. Dit is belangrik dat alle verkondigers, sowel as nuwe belangstellendes, aanwesig moet wees.
5 Alle verkondigers in die groep wat besoek word, moet reël om gedurende hierdie spesiale week ’n volle aandeel aan die diens te hê, veral oor die naweek. Waar dit gepas is, kan aandgetuieniswerk vir daardie week gereël word. Een van die diensopsiener se doelwitte is om saam met soveel ver-kondigers moontlik in die diens te werk. Hy kan miskien saam met party van ons na ons herbesoeke en Bybelstudies gaan. Enigeen wat meen dat hy hulp of bemoediging in die bediening nodig het, kan hom nader en hulp vra. Ons kan ook daaruit voordeel trek as ons die vergaderinge vir velddiens bywoon wat hy daardie week vir die groep hou.
6 Die diensopsiener ruim tyd in om die groep se bedrywighede met die studiehouer te bespreek. Vaste reëlings vir velddiens word nagegaan om seker te maak dat dinge prakties georganiseer is sodat dit vir almal gerieflik is. As party hulp of bemoediging nodig het om gereeld aan die bediening deel te neem, kan hy privaat met hulle praat en ’n paar goeie wenke gee wat hulle sal help om te verbeter. Die diensopsiener kan reëlings tref om ongereelde verkondigers saam met die studiehouer te besoek. Hy kan ook die lêer met Bybelstudierapporte saam met die boekstudiehouer van daardie groep nagaan. Miskien kan hulle party van die verkondigers na hulle tuisbybelstudies vergesel en hulle geestelik aanmoedig.
7 In gemeentes wat baie boekstudiegroepe het, sal die diensopsiener nie so dikwels besoek aflê nie. Daarom moet almal ’n ekstra poging aanwend om ten volle daarby baat te vind wanneer hy besoek aflê. Let tydens die besoek op na die wenke wat hy gee om jou bediening te verbeter en wend ’n ywerige poging aan om dit voor die volgende besoek toe te pas. Hy is natuurlik in die gemeente beskikbaar om te eniger tyd hulp te verleen as ons dit nodig het. In gemeentes met min Gemeentelike Boekstudiegroepe sal die diensopsiener probeer om elke groep ten minste elke ses maande te besoek.
8 Ons bereidwilligheid om met die diensopsiener saam te werk en hom heelhartig te ondersteun wanneer hy ons Gemeentelike Boekstudie besoek, sal ons help om bekwamer in die dissipelmaakwerk te wees en groter vreugde in ons bediening te smaak.