Bêre
Voorgestelde velddiensaanbiedings
Gebruik die volgende wenke om jou te help om aanbiedings voor te berei wat die aandag op die lektuuraanbod vir die maand vestig.
Kom nader aan Jehovah
“Baie mense wat in God glo, wil graag nader aan hom voel. Het jy geweet dat God ons nooi om nader aan hom te kom? [Lees Jakobus 4:8.] Hierdie boek is saamgestel om mense te help om hulle eie Bybel te gebruik om nader aan God te kom.” Lees paragraaf 1 op bladsy 16.
“Onregverdigheid is vandag iets algemeens. Dit is soos dit hier sê. [Lees Prediker 8:9b.] Baie mense wonder of God omgee. [Lees die eerste twee sinne van paragraaf 4 op bladsy 119.] Hierdie hoofstuk verduidelik waarom God onregverdigheid al ’n tyd lank toelaat.”
Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
“Waar kan ons die beste raad kry oor hoe om ons moeilikste probleme op te los? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 7:28, 29.] Dit beskryf mense se reaksie op Jesus se Bergpredikasie. Kyk wat ander gesê het. [Vestig die aandag op van die opmerkings op bladsy 152.] Hierdie hoofstuk bespreek die lewe en leringe van Jesus.”
“Het jy al ooit gewonder: ‘As daar ’n God is, sal hy ooit ’n einde aan lyding en ongeregtigheid in die wêreld maak?’ [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 21:3, 4.] Hierdie boek verduidelik wat God sal doen om ’n einde aan lyding te maak en die bron daarvan te verwyder.” Wys hoofstuk 10.
Hou aan waak!
“Baie mense is bekommerd oor die ernstige probleme en skokkende gebeure wat vandag so algemeen is. [Meld ’n voorbeeld waarvan mense in julle gebied weet.] Het jy geweet dat hierdie dinge deel uitmaak van ’n wêreldwye teken wat toon dat God se regering binnekort beheer oor die aarde se aangeleenthede sal oorneem? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan ’n gepaste Bybelteks, soos Matteus 24:3, 7, 8; Lukas 21:7, 10, 11 of 2 Timoteus 3:1-5.] Hierdie brosjure bespreek waarom dit nou baie dringend is om op die betekenis van hierdie gebeure te let.”
“Baie mense is vandag ontsteld oor skokkende gebeure of ernstige persoonlike verliese. Party wonder waarom God nie ingryp om te keer dat sulke dinge gebeur nie. Die Bybel gee ons die versekering dat God binnekort stappe sal doen om die mensdom se lyding te verlig. [Lees Openbaring 14:6, 7.] Let op wat God se oordeel vir die mensdom sal beteken. [Lees 2 Petrus 3:10, 13.] Hierdie brosjure bevat meer inligting oor dié belangrike onderwerp.”
Kennis wat tot die ewige lewe lei
“Sou jy ’n uitnodiging aanvaar om in so ’n pragtige omgewing te lewe? [Wys die prent op bladsye 4-5, en wag vir ’n antwoord.] Kyk wat sê God se Woord is die sleutel om hierdie soort lewe vir ewig te geniet. [Lees Johannes 17:3.] Hierdie boek sal jou help om die kennis te verkry wat tot die ewige lewe lei.” Tref reëlings om die eerste vyf paragrawe van hoofstuk 1 tydens die volgende besoek te bespreek.
Maak by die prent op bladsye 188-9 oop en vra die huisbewoner die vraag in die byskrif: “Hoop jy om in die Paradys te lewe wanneer die kennis van God die aarde vul? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 11:9.] Hierdie boek sal jou help om uit te vind wat die Bybel sê van die Paradys en hoe ons daar kan wees.” Tref reëlings om paragrawe 11-16 van hoofstuk 1 tydens die volgende besoek te bespreek.
Leer by die Groot Onderwyser
“Dink jy dat die wêreld ’n beter plek sou gewees het as mense volgens hierdie reël gelewe het? [Lees Matteus 7:12a. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie boek bevat baie lesse van die grootste onderrigter wat nog gelewe het.” Vestig die aandag op die prente en byskrifte in hoofstuk 17.
“Die meeste ouers probeer vandag heilsame waardes by hulle kinders inskerp. Dink jy dat dit belangrik is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Spreuke 22:6.] Let op dat ouers aangemoedig word om hulle kinders reeds van ’n vroeë ouderdom af te begin onderrig. Hierdie boek is bedoel om hulle daarmee te help.” Vestig die aandag op die prente en byskrifte in hoofstuk 15 of 18.
“Ouers is dikwels verbaas oor die vrae wat hulle kinders vra. Van daardie vrae kan moeilik wees om te beantwoord, nie waar nie? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Efesiërs 6:4.] Hierdie boek kan ouers help om hulle kinders se vrae te beantwoord.” Vestig die aandag op ’n paar van die prente en byskrifte in hoofstukke 11 en 12 of 34 tot 36.
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
“Ons almal is besorg oor die misdaad en geweld in ons omgewing. Dink jy dat enigiemand werklik ’n oplossing vir die probleem het? [Wag vir ’n antwoord.] God het ’n oplossing.” Blaai na bladsy 196; lees Spreuke 2:21, 22 in paragraaf 19 en lewer kommentaar daaroor. Wys vir die huisbewoner die titel van hoofstuk 16, en bied die boek aan.
Maak by bladsy 6 oop en sê: “Baie mense dink dat ons pragtige aarde en die lewe daarop per toeval ontstaan het. Wat dink jy is ’n redelike verduideliking van hoe dit alles ontstaan het? [Wag vir ’n antwoord.] Oorvloedige getuienis staaf die Bybelverslag van ’n Skepper wat baie magtig is en wat ons baie liefhet. Hy is die ware God en sy naam is Jehovah.” Lees Psalm 83:18 en verduidelik kortliks dat dit sy voorneme is om die hele aarde in ’n paradys te omskep.
Die mensdom se soeke na God
“Daar is vandag soveel verskillende godsdienste; het jy al ooit gewonder hoe ons kan vasstel watter een deur God goedgekeur word?” Wag vir ’n antwoord en maak dan by bladsy 377 oop. Vestig die aandag op punt nommer 7 en vra of die huisbewoner saamstem dat die ware godsdiens al die rasse van die mensdom behoort te verenig. Slaan een van die teksverwysings na en bespreek van die ander punte op die lys as die tyd dit toelaat. Bied die boek aan as opregte belangstelling getoon word. Voordat jy loop, kan jy vra: “Hoe moet die ware godsdiens ’n mens se gedrag beïnvloed?” Tref reëlings vir ’n herbesoek om die vraag te beantwoord.
As iemand sê dat hy aan ’n vername godsdiensgroep behoort, kan jy sê: “Dit is interessant om mense van verskillende godsdienste te ontmoet. Die mensdom se soeke na God het hom langs baie weë geneem. [Lees Handelinge 17:26, 27 as dit gepas is.] Mense hang dikwels die geloof van hulle ouers aan. [Lees paragraaf 12 op bladsy 8.] Dit is insiggewend en leersaam om meer van ander godsdienste uit te vind. Hierdie boek verduidelik die oorsprong, gebruike en leringe van die vernaamste godsdienste van die wêreld.” Wys vir die persoon ’n voorbeeld van wat die boek oor sy godsdiens bevat op die volgende bladsye: Sikhisme (100-1); Hindoeïsme (116-17); Boeddhisme (141); Taoisme (164-6); Confucianisme (177); Sjintoïsme (190-5); Judaïsme (220-1) en Islam (289).
Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!
“Jy het moontlik gehoor van [meld ’n nuusberig]. Wanneer lewens op ’n tragiese wyse kortgeknip word, wonder baie hoe hulle die gesin van die slagoffers kan troos. Wat dink jy?” Wag vir ’n antwoord. Maak dan by bladsy 299 oop en wys die prent van die opstandingstoneel. Sê dan verder: “Baie mense is verbaas om uit te vind dat regverdiges sowel as onregverdiges weer lewend gemaak sal word in die Paradys op aarde. [Lees Handelinge 24:15 soos aangehaal in paragraaf 9 op bladsy 297, en gee dan die verduideliking wat in paragraaf 10 gevind word.] Hierdie boek bespreek baie ander interessante besonderhede oor God se voorneme vir die toekoms.”
Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
“Ons lewe in ’n tyd wanneer feitlik almal ernstige probleme het. Baie wend hulle tot allerhande raadgewers vir leiding. Party soek hulp by spiritistiese mediums. Waar dink jy kan ons betroubare raad vind wat ons werklik sal help? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel noem ’n belangrike feit wat ons almal moet verstaan. [Lees 2 Timoteus 3:16. Maak dan by bladsy 187 oop en lees paragraaf 9.] Hierdie boek sal jou help besef dat dit altyd die beste resultate lewer as ’n mens toepas wat die Bybel sê.”
Die grootste mens wat nog geleef het
“Baie mense dink gedurende hierdie tyd aan Jesus. Maar omdat soveel slegte dinge oor die hele wêreld plaasvind, wonder party dalk of Jesus werklik vir ons omgee. Wat dink jy?” Wag vir ’n antwoord. Blaai na hoofstuk 24 en bespreek kortliks waarom Jesus aarde toe gekom het. Lees dan Johannes 15:13 en beklemtoon Jesus se innige liefde vir ander.
“Wanneer iemand van Jesus Christus praat, dink baie mense aan hom óf as ’n baba óf as ’n man wat ly en op die punt staan om te sterf. Hulle begrip van Jesus sluit net sy geboorte en sy dood in. Die wonderlike dinge wat hy gedurende sy leeftyd gesê en gedoen het, word dikwels oor die hoof gesien. Wat hy bereik het, raak elke mens wat nog ooit op hierdie aarde gelewe het. Daarom is dit lewensbelangrik dat ons soveel moontlik leer oor die wonderlike dinge wat hy ten behoewe van ons gedoen het.” Lees Johannes 17:3. Blaai na die eerste bladsy van die inleiding en lees die vierde paragraaf.
Wat vereis God van ons?
“Dink jy dat dit God se voorneme was dat ons ’n lewe lei wat gevul is met die soort probleme waarvoor ons vandag te staan kom? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 6:10.] Het jy al nagedink oor presies wat die Koninkryk van God werklik is?” Blaai na les 6 en lees die vrae wat aan die begin van die les gevra word. Begin die les bespreek of tref reëlings om dit tydens die volgende besoek te doen.
“Ondanks die vooruitgang van die hedendaagse samelewing veroorsaak siekte en die dood nog steeds vir mense baie lyding en hartseer. Weet jy wat Jesus vir die siekes, die bejaardes en selfs die dooies sal doen?” Wag vir ’n antwoord. As die persoon die antwoord wil weet, kan jy by les 5 oopmaak en die vrae vir paragrawe 5-6 lees. Bespreek die paragrawe of tref reëlings om dit tydens die volgende besoek te doen.
Aanbid die enigste ware God
“Waar dink jy kan ons hulp vind om die druk van die lewe die hoof te bied? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Romeine 15:4.] Let op dat die geïnspireerde Skrif ons onderrigting, vertroosting en hoop gee, wat ons kan versterk om moeilikhede te verduur. Hierdie boek gee nuttige wenke oor hoe ons die meeste voordeel uit Bybellees kan trek.” Vestig die aandag op die vier punte op bladsy 30.
“Sedert die tyd toe Jesus op die aarde was, het baie mense al gebid dat God se Koninkryk moet kom. Het jy al ooit gewonder wat die koms van daardie Koninkryk vir die mensdom sal beteken? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Daniël 2:44.] Hierdie boek verduidelik wat God se Koninkryk is, wat dit tot stand sal bring en hoe ons by die regverdige heerskappy daarvan kan baat vind.” Vestig die aandag op die prent op bladsye 92-3.