Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/10 bl. 2
  • Bied die nuwe brosjure aan!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die nuwe brosjure aan!
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Gebruik jy hierdie brosjures?
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Verkondig die goeie nuus van die koninkryk met brosjures
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 10/10 bl. 2

Bied die nuwe brosjure aan!

1. Wat sal ons gedurende November aanbied, en wat is die doel van hierdie publikasie?

1 By ons “Hou aan waak!”-streekbyeenkoms in 2009 is ’n nuwe brosjure met die titel Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? vrygestel. Gedurende November sal gemeentes oor die hele wêreld dit vir die eerste keer aanbied. Hoe sal hierdie publikasie mense in ons gebied help? Die meeste mense, veral dié wat aan nie-Christelike godsdienste behoort, weet maar min van die Bybel. Die brosjure verduidelik dus op bladsy 3 dat dit saamgestel is om “’n oorsig van die Bybel” te gee.

2. Hoe kan ons die brosjure aanbied?

2 Hoe om dit aan te bied: Ons kan iets sê soos: “Ons wil graag jou mening hoor oor wat dit hier sê. [Lees 2 Timoteus 3:16.] Baie mense met wie ons praat, stem saam met hierdie woorde; ander dink dat die Bybel niks meer as ’n goeie boek is nie. Wat dink jy van die Bybel? [Wag vir ’n antwoord.] Ongeag ons godsdiensoortuigings is daar goeie redes waarom ons die Bybel self moet ondersoek. [Lees die inleidende paragraaf boaan bladsy 3.] Terwyl jy die bondige opsomming van die Bybel in hierdie brosjure lees, sal jy iets interessants opmerk: Die Bybel het een hooftema en -boodskap.”

3. Wat is ’n ander aanbieding wat ons kan gebruik, veral in ’n gebied waar baie mense aan ’n nie-Christelike godsdiens behoort?

3 Hier is nog ’n opsie, veral wanneer ons getuig in ’n gebied waar baie mense aan ’n nie-Christelike godsdiens behoort: “Ons wil graag jou mening vra oor wat die Skrif (of hierdie heilige boek) hier sê. [Lees Psalm 37:11.] Hoe dink jy sal die aarde wees wanneer hierdie profesie vervul is? [Wag vir ’n antwoord.] Dit is ’n voorbeeld van die hoop en vertroosting wat mense van alle kulture en gelowe uit die Bybel kan kry.” Lees die paragraaf boaan bladsy 3 en bied die brosjure aan.

4. Hoe kan ons die brosjure gebruik om ’n Bybelstudie te begin?

4 Begin ’n Bybelstudie: Wanneer ons teruggaan, kan ons die huisbewoner aan ons vorige gesprek herinner en die vrae aan die einde van die gepaste deel gebruik om ’n paragraaf of twee oor die onderwerp waaroor ons gepraat het, te bespreek. Of as ons dadelik die Leer Bybel-boek wil aanbied, kan ons die agterblad van die brosjure saam met hom lees, die boek vir hom gee, hom vra watter hoofstuktitels sy belangstelling wek en ’n paragraaf of twee uit daardie hoofstuk saam bespreek. Mag ons almal soveel moontlik doen om hierdie brosjure gedurende November aan te bied!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel