Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/11 bl. 1
  • ‘Laat God se naam geheilig word’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Laat God se naam geheilig word’
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah verheerlik sy naam
    God se Koninkryk regeer!
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Maak God se naam bekend
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Eer Jehovah se groot naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 8/11 bl. 1

‘Laat God se naam geheilig word’

1. Wat is die tema van die kringbyeenkomsprogram vir die 2012-diensjaar, en waarop is dit gegrond?

1 Hoe bevoorreg is ons tog om die naam van die Universele Soewerein, Jehovah, te dra! God self het ons sy naam gegee om te dra, en veral sedert die jaar 1931 word ons, as Jehovah se Getuies, met Jehovah se unieke naam verbind (Jes. 43:10). God se enigverwekte Seun, Jesus, het die hoogste agting vir God se naam gehad en het dit heel eerste in sy modelgebed genoem (Matt. 6:9). Die tema van ons kringbyeenkomsprogram vir die 2012-diensjaar is op Jesus se woorde gegrond. Die tema is “Laat God se naam geheilig word”.

2. Na watter inligting kan ons uitsien?

2 Wat ons sal hoor: Saterdag sal daar in die toespraak “Maak God se naam bekend as voltydse dienaars” bespreek word waarom die voltydse diens ’n bevredigende lewenswyse is. Ons sal ook luister na die simposium “Pasop dat jy Jehovah se naam nie oneer aandoen nie”, wat ons sal help om vier moontlike strikke te vermy. Die vrae: Wat sal ons help om ywerig te preek wanneer mense dalk min belangstelling toon? en Wat sal ons help om ons bediening op ’n sinvolle wyse uit te voer? sal beantwoord word in die toespraak “Waarom God se naam geheilig moet word”. Sondag sal ons luister na ’n vierdelige simposium oor hoe ons God se naam kan heilig deur ons gedagtes, spraak, besluite en gedrag. Nuwelinge sal baie baat vind by die openbare toespraak “Jehovah sal sy groot naam by Armageddon heilig”.

3. Watter voorreg het ons, en hoe sal die program ons help?

3 Jehovah sal binnekort optree om sy naam te heilig (Eseg. 36:23). Intussen het ons die wonderlike voorreg om alles waarvoor Jehovah se heilige naam staan, hoog te hou. Ons is vol vertroue dat hierdie kringbyeenkomsprogram elkeen van ons sal help om ons ernstige verantwoordelikheid na te kom as mense wat God se naam dra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel