Ons amptelike webwerf—Gebruik dit vir persoonlike en gesinstudie
Lees die jongste tydskrifte aanlyn: ’n Paar weke voordat Die Wagtoring en Ontwaak! in die gemeente ontvang word, word dit aanlyn beskikbaar gestel. Jy kan ook na oudio-opnames van ’n tydskrif luister.—Gaan na “Publikasies/Tydskrifte”.
Lees materiaal wat slegs op die webwerf verskyn: Sommige materiaal, soos “Vir jongmense”, “My Bybellesse”, “Vir gesinsbespreking” en “Jongmense vra”, verskyn nou slegs op ons webwerf. Gaan gerus aanlyn en bestudeer of bespreek van hierdie materiaal tydens jou persoonlike en gesinstudie.—Gaan na “Bybelleringe/Kinders” of “Bybelleringe/Tieners”.
Kry die jongste nuus: Lees aanmoedigende verslae en ondervindinge en kyk na videogrepe wat die aandag vestig op die vordering van ons werk regoor die wêreld. Berigte oor rampe en vervolging kan ons help om spesifiek te wees in ons gebede vir die broers wat daardeur geraak word (Jak. 5:16).—Gaan na “Nuus”.
Doen navorsing met behulp van die Aanlyn biblioteek: As hierdie hulpmiddel in jou taal beskikbaar is, kan jy ’n rekenaar of ’n draagbare toestel gebruik om die dagteks aanlyn te lees of om navorsing in party van ons onlangser publikasies te doen.—Gaan na “Publikasies/Aanlyn biblioteek” of tik www.wol.jw.org in die adresveld van jou rekenaar se Internetwebblaaier en druk “Enter”.
[Diagram op bladsy 4]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Probeer die volgende
1 Klik op die prentjie of op die ‘Laai af’-skakel. Dit sal ’n PDF-dokument oopmaak. Druk dit en gebruik die drukstuk as ’n aktiwiteit vir jou kind.
2 Klik op “Speel” om na ’n video te kyk.