Moet jy ophou?
Party verkondigers het die gewoonte om, wanneer hulle velddiens doen, op ’n sekere tyd op te hou, miskien 12 uur die middag. Party se omstandighede vereis natuurlik dat hulle net tot ’n sekere tyd velddiens kan doen. Maar hou jy op preek bloot omdat ander in die groep ophou of omdat dit die gewoonte in julle gebied is om op ’n sekere tyd op te hou? Kan jy ’n paar minute langer velddiens doen en aan ’n aspek van die openbare getuieniswerk, soos straatgetuieniswerk, deelneem? Kan jy op pad huis toe een of twee herbesoeke doen? Dink net hoe goed dit sal wees as jy selfs net een belangstellende weer by die huis kry of as jy net nog een stel tydskrifte by ’n verbyganger laat! Om ’n paar minute langer velddiens te doen as ons nie hoef op te hou nie, is ’n eenvoudige manier om ons “lofoffer” te vergroot.—Heb. 13:15.