Wie doen vandag Jehovah se wil?
1. Wanneer sal ons Wie doen vandag Jehovah se wil? begin studeer, en hoe sal dit ons tot voordeel strek?
1 Vanaf die week van 28 Oktober sal Wie doen vandag Jehovah se wil? tydens die Gemeentelike Bybelstudie bestudeer word. Hierdie nuwe brosjure, wat by die “Bewaak jou hart!”-streekbyeenkoms vrygestel is, is ontwerp om Bybelstudente na die organisasie te rig. Die bespreking van hierdie publikasie sal nie net ons waardering vergroot vir die feit dat ons deel is van Jehovah se organisasie nie, maar dit sal ons ook help om goed vertroud te raak met hierdie kosbare hulpmiddel vir die bediening.—Ps. 48:13.
2. Hoe sal die brosjure in die gemeente bestudeer word?
2 Hoe ons dit gaan bestudeer: Die studiehouer sal sy tyd moet indeel sodat ewe veel tyd aan elke les bestee word. Hy sal elkeen van die 28 lesse inlei deur die vraag te lees wat die titel uitmaak. Dan sal hy die leser vra om die inleidende paragraaf te lees. Daarna sal die studiehouer die gehoor ’n vraag vra wat hy vir die inleiding voorberei het. Dan moet elke gedeelte wat met ’n sin in vetdruk begin, gelees en afsonderlik bespreek word. Nadat die gedeelte gelees is, sal die studiehouer die gehoor nooi om kommentaar te lewer oor hoe dit die vraag beantwoord wat die titel van die les is. Die brosjure bevat ook baie prente waaroor daar kommentaar gelewer kan word. Sleuteltekste moet na gelang van die tyd gelees word. Voordat die studiehouer na die volgende les oorgaan, sal hy die vrae onderaan die bladsy vra om die les te hersien. As daar ’n “Vind meer uit”-venster is, sal hy dit laat lees en dan sal hy die gehoor nooi om kommentaar te lewer oor hoe ’n Bybelstudent by die wenk sal baat vind. As daar genoeg tyd aan die einde van die studie is, kan die studiehouer die titels van die lesse as hersieningsvrae gebruik. Hou in gedagte dat dit nie noodwendig die manier sal wees waarop die brosjure tydens ’n tuisbybelstudie gebruik sal word nie.
3. Hoe kan ons ten volle baat vind by ’n studie van hierdie brosjure?
3 Om ten volle by die vergadering baat te vind, moet jy goed voorberei. Probeer om kommentaar te lewer. Dink gedurende die bespreking aan hoe Bybelstudente by die materiaal sal baat vind. Mag ons bespreking van hierdie nuwe brosjure ons toerus om ander te help om God se wil saam met ons te doen sodat hulle ook die vooruitsig kan hê om vir ewig te bly lewe.—1 Joh. 2:17.