’n Nuwe navorsingshulp
Miljoene verkondigers regoor die wêreld het goed gebruik gemaak van die Watch Tower Publications Index om navorsing te doen. Maar omdat dit baie gedetailleerd is, is dit net in ’n beperkte aantal tale beskikbaar. Daarom is die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies in ongeveer 170 tale saamgestel. Die publikasies waarna die Navorsingsgids verwys, is hoofsaaklik publikasies wat vanaf die jaar 2000 uitgegee is. Die Navorsingsgids is nie gedruk in tale wat reeds die Index het nie, maar is beskikbaar in elektroniese formaat as deel van die Watchtower Library en die Wagtoring—AANLYN BIBLIOTEEK. Die Navorsingsgids sal jou help om antwoorde op Bybelvrae te soek, inligting aangaande persoonlike probleme te vind en om vir gemeentelike vergaderinge en gesinsaanbidding voor te berei.