Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Aankondigings
    Koninkryksbediening — 1986 | Januarie
    • Aankondigings

      • Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R6.50. As die intekening van die hand gewys word, kan twee tydskrifte en die “Laat u Naam geheilig word”-brosjure aangebied word teen ’n bydrae van R1.00. Maart: Sal in kennis stel. Dit is ’n verandering van Ons Koninkryksbediening vir Desember.

      • Die openbare toespraak wat vanaf Februarie deur streekopsieners tydens die nuwe reeks kringbyeenkomste gehou sal word, is “Aardwye vrede—Uit watter bron?” Van Maart af sal kringopsieners die openbare toespraak “Wie is vandag ware Christene?” hou.

      • Ons kondig met genoeë aan dat Die Wagtoring in Tsonga vanaf Januarie 1986 half-maandeliks sal verskyn.

      • Die pioniertarief vir Die Wagtoring in groot druk is verhoog van 20c tot 35c per eksemplaar. Die tarief vir die gemeente en publiek bly 50c. Verander asseblief alle Cost List-velle dienooreenkomstig.

      • Nuwe publikasies beskikbaar:

      Aid to Bible Understanding (Deel 41)​—Italiaans

      Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Oerdoe

      • Nuwe kassetopnames beskikbaar:

      Ezra, Nehemiah, Esther (stel van twee;gemeente en publiek: R5.00; pioniers: R4.30)​—Engels

      Album van Hebreeuse Skrifte—Deel 1, Genesis to Ruth (stel van 20; gemeente en publiek: R45.00; pioniers: R31.00)​—Engels

      • Uit voorraad in Suid-Afrika:

      Ons inkomende wêreldregering—God se Koninkryk​—Engels

      Teokratiese Bedieningskool-Handleiding​—Portugees

      Ware vrede en veiligheid—Uit watter bron?​—Afrikaans, Engels

  • Wat sal jy vanjaar op skool doen?
    Koninkryksbediening — 1986 | Januarie
    • Wat sal jy vanjaar op skool doen?

      1 In Januarie is dit weer terug skool toe. Vir talle jong Getuies beteken dit nuwe onderwysers, nuwe vakke en nuwe uitdagings. Terwyl jy op skool geleer word, het jy ook die geleentheid om ander te leer. Jy kan die goeie nuus van die Koninkryk met jou onderwysers en jou klasmaats deel. Die bekwame wyse waarop jy by die skool getuig, kan Jehovah se naam tot groot lof strek en sal jou groot bevrediging en vreugde verskaf.

      WAT JEHOVAH VERWAG

      2 Jehovah God wil hê dat jongmense by ware aanbidding betrokke moet wees (Ps. 148:12,13). Hy het ’n plek vir jongmense is sy diens belowe (Ps. 110:3; Matt. 19:13, 14). Deur jou ywerig besig te hou om vir skoolmaats te getuig en altyd onberispelik en eerlik by die skool te wees, sal jy ’n deel daaraan hê om Jehovah se naam te heilig (Spr. 27:11). Jou opregte voorbeeld van geloof kan ook ander beweeg om Jehovah te verheerlik.​—Matt. 21:15, 16; Filip. 2:20.

      3 Hou in gedagte dat vaardigheid met opleiding en oefening kom. As iemand geleer het om ’n musiekinstrument te speel, beteken dit nog nie dat hy dit goed speel nie. Net so moet jongmense eers ’n volle aandeel in basiese Christenbedrywighede hê voordat hulle bekwaam in die bediening kan wees. Hou aan om vooruitgang te maak, net soos die jong Jesus vooruitgang gemaak het (Luk. 2:52). Leer om goed te lees. Spits jou op jou skoolwerk toe. Beskou jou gesin- en gemeentelike studies in ’n ernstige lig. Sodoende kan jy, soos die jongman Timotheüs, guns vind in die oë van ander.​—Hand. 16:1, 2.

      WAT OUERS KAN DOEN

      4 Ouers, spoor julle kinders aan en help hulle om informeel te getuig wanneer hulle by die skool is. Help hulle om te besef dat dit hulle dikwels beveilig en beskerm teen verkeerde gedrag op skool as hulle standpunt vir die waarheid inneem en getuig. Dit dwing ook respek af by leerlinge wat nie Getuies is nie.

      5 Op skool duik daar dikwels situasies op waar jou maats druk op jou uitoefen om na skool aan klasprojekte of uitstappies deel te neem. Die druk van onderwysers en atletiekafrigters om aan buitemuurse bedrywighede deel te neem, kan dalk groter wees as wat jou kind alleen kan weerstaan. Goeie informasie verskyn op bladsy 22-25 van die Skool-brosjure om korrekte denke oor hierdie aangeleenthede op te bou. Maak gerus sulke onderwerpe ’n ruk lank die grondslag vir julle weeklikse gesinstudie. Die gedeelte op bladsy 8-12 wys kortliks maar duidelik op sedelike beginsels wat ’n jong Getuie moet volg ten einde Jehovah te behaag. As bykomende, diepgaande studie verlang word, kan verdere informasie in die Jeug-boek gevind word. Dit sal voordelig wees as jy die nodige tyd afstaan om hierdie sake met jou kinders te bespreek.​—Spr. 22:6.

      6 Terwyl jy voortgaan om Christenbeginsels gedurende die skooljaar toe te pas, kan jy daarvan seker wees dat talle goeie seëninge van Jehovah op jou wag, nou en in die toekoms. Soos Spreuke 20:11 sê: “Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.”​—Kyk ook Psalm 37:37.

  • Nuwe kringbyeenkomsprogram om ons te help om God te verheerlik
    Koninkryksbediening — 1986 | Januarie
    • Nuwe kringbyeenkomsprogram om ons te help om God te verheerlik

      “Doen jou deel om God te verheerlik”, is die tema van die nuwe reeks kringbyeenkomste wat in Februarie begin. Anders as wêreldlinge wat gou is om mense vir hulle prestasies te vereer terwyl hulle nie Jehovah se wonderlike werke raaksien nie, is dit ons doel in die lewe om “alles tot verheerliking van God” te doen (1 Kor. 10:31). Hierdie kringbyeenkomsprogram sal ons help om dit te doen.

      Benewens aanmoediging vir pioniers en diegene wat moontlik die pionierdiens kan betree, beklemtoon die program op Saterdag die nodigheid om nougeset te wandel as ons God wil verheerlik (Ef. 5:15, 16). Spesifieke raad word gegee oor hoe ons kan sorg dat verderflike elemente van hierdie goddelose stelsel ons nie verstrik nie.

      Sondag word daar nuttige wenke oor persoonlike Bybellees gegee. Jy sal praktiese raad kry oor die onderwerp “Soek God se heerlikheid, nie ons eie nie”. Belangstellendes sal veral baat vind by die openbare toespraak wat die enigste bron vir aardwye vrede Skriftuurlik identifiseer. Almal wat hierdie kringbyeenkomsprogram bywoon, sal geestelik verkwik en in hulle geloof versterk wees. Maak seker dat jy dit bywoon en ander nooi om saam met jou daar te wees.

  • Gemeentelike Boekstudie
    Koninkryksbediening — 1986 | Januarie
    • Gemeentelike Boekstudie

      Rooster vir gemeentelike studies in die boek Oorlewing tot in ’n nuwe aarde:

      5 Januarie: Hoofstuk 8

      12 Januarie: Hoofstuk 9

      19 Januarie: Hoofstuk 10

      26 Januarie: Hoofstuk 11

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel