-
AardeRedenering uit die Skrif
-
-
vertolking bots egter met die versekering wat bevat word in tekste soos Mattheüs 6:10, Psalm 37:29 en 104:5, asook in Spreuke 2:21, 22 (NW). En watter uitwerking sal vuur op die reeds brandende son en sterre hê? Die woord “aarde” in die tekste wat hierbo aangehaal is, moet dus anders verstaan word.
In Genesis 11:1, 1 Konings 2:1, 2, 1 Kronieke 16:31, Psalm 96:1, ens., word die woord “aarde” figuurlik gebruik en slaan dit op die mensdom. Is dit moontlik die geval in 2 Petrus 3:7, 10 en Openbaring 21:1?
Let op dat daar in die verband, in 2 Petrus 3:5, 6 (ook 2:5, 9), ’n vergelyking gemaak word met die Vloed van Noag se dag waarin die goddelose mensegemeenskap vernietig is, terwyl Noag en sy gesin, asook die aardbol self, behoue gebly het. In 2 Petrus 3:7 sê dit eweneens dat dit “goddelose mense” is wat vernietig gaan word. Die beskouing dat “die aarde” hier op die goddelose mensegemeenskap sien, strook ten volle met die res van die Bybel, soos toegelig deur die tekste wat hierbo aangehaal is. Dit is daardie simboliese “aarde” of goddelose mensegemeenskap, wat “ontdek word”; dit wil sê, Jehovah sal alle skyn soos met vuur verskroei en die goddeloosheid van die goddelose mensegemeenskap blootlê en toon dat dit verdien om heeltemal vernietig te word. Daardie goddelose mensegemeenskap is ook “die eerste aarde” waarvan Openbaring 21:1 praat.
Jesus se woorde in Lukas 21:33 (“die hemel en die aarde sal verbygaan, maar . . . ”) moet dienooreenkomstig verstaan word in die lig van die parallelle verklaring in Lukas 16:17 (“dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat . . . ”), wat albei bloot die onmoontlikheid van die gemelde situasies beklemtoon.—Kyk ook Mattheüs 5:18.
Sal die regverdiges hemel toe geneem word en dan teruggebring word aarde toe nadat die goddeloses vernietig is?
Steun Openbaring 21:2, 3 daardie beskouing? Dit sê: “En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ’n bruid wat vir haar man versier is. En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.” (Beteken die feit dat God by die mensdom sal “woon” en ‘by hulle sal wees’ dat hy ’n vleeslike Wese gaan word? Dit kan nie wees nie, want Jehovah het vir Moses gesê: “Geen mens kan My sien en bly lewe nie” [Ex. 33:20]. Die lede van die Nuwe Jerusalem sal gevolglik nie as fisiese wesens na die aarde terugkeer nie. Hoe kan God dan “by” die mensdom wees en hoe sal die Nuwe Jerusalem ‘uit die hemel neerdaal’? Ons vind ongetwyfeld ’n aanduiding in Genesis 21:1, wat sê dat God Sara “besoek” het deur haar op haar oudag met ’n seun te seën. Exodus 4:31 (LB) deel ons mee dat God ‘na Israel toe gekom het’ deur Moses as ’n verlosser te stuur. Lukas 7:16 sê dat God sy volk “besoek” het deur middel van Jesus se bediening. Ander vertalings gebruik die uitdrukking dat God op sy volk “ag gegee” het [AB] of ‘besorgdheid’ oor hulle getoon het [NE]. Openbaring 21:2, 3 moet dus beteken dat God die mensdom sal “besoek” of by hulle sal wees deur middel van die hemelse Nuwe Jerusalem, waardeur seëninge op gehoorsame mense uitgestort sal word.)
Spr. 2:21, 22: “Die opregtes sal die land [“aarde”, NE] bewoon, en die regskapenes daarin oorbly, maar die goddelose sal uit die land [“aarde”, NW] uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.” (Let daarop dat dit nie sê dat die regskapenes na die aarde sal terugkeer nie, maar dat hulle “daarin oorbly”.)
Het God se oorspronklike voorneme met die aarde verander?
Gen. 1:27, 28: “God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (God het aldus getoon dat dit sy voorneme is dat die aarde gevul moet word met die afstammelinge van Adam en Eva as opsigters van ’n aardwye paradys. Het die Skepper, nadat hy hierdie aarde op wonderlike wyse as woonplek vir mense ontwerp het, en dit uniek gemaak het onder al die planete wat die mens met sy teleskope en ruimteskepe ondersoek het, eenvoudig sy voorneme laat vaar en dit vir ewig onvervuld gelaat weens Adam se sonde?)
Jes. 45:18: “So sê die HERE, wat die hemele geskape het—Hy is God!—wat die aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.” (Kyk ook Jesaja 55:10, 11.)
Sal die aarde groot genoeg wees vir almal as niemand in God se Nuwe Orde sterf nie?
Hou in gedagte dat toe God sy voorneme met die aarde bekend gemaak het, hy gesê het: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde” (Gen. 1:28). God het die mens die vermoë gegee om voort te plant, en wanneer Sy voorneme in daardie verband vervul is, kan Hy voortplanting op aarde laat ophou.
Aan watter soort mense sal God die ewige lewe op aarde gee?
Sef. 2:3: “Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.”
Ps. 37:9, 11: “Die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. . . . Die ootmoediges . . . sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.”
-
-
AborsieRedenering uit die Skrif
-
-
Aborsie
Definisie: Aborsie is die uitwerping van ’n embrio of ’n fetus wat gewoonlik nie buite die baarmoeder kan lewe nie. Spontane aborsie of miskraam kan die gevolg van menslike onvolmaaktheid of ’n ongeluk wees. Opsetlik verwekte aborsie bloot om te voorkom dat ’n ongewenste kind gebore word, is voorbedagte moord.
-