-
AankondigingsKoninkryksbediening — 1993 | Junie
-
-
Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Junie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00. Julie: Enige van die volgende brosjures kan gebruik word: Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die regering wat die Paradys gaan bring en Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? teen ’n bydrae van 90 sent elk. Augustus en September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Engels vir die dowes: Gee God werklik vir ons om? (Hierdie publikasie is spesiaal vir dowe mense in vereenvoudigde Engels geskryf.)
-
-
Teokratiese nuusKoninkryksbediening — 1993 | Junie
-
-
Teokratiese nuus
Albanië: Die aantal verkondigers het van Desember 1991 tot Desember 1992 van 24 tot 107 gestyg. Die aantal Bybelstudies het gedurende dieselfde tydperk van 4 tot 221 gestyg.
Sentraal-Afrikaanse Republiek: Op 20 Januarie 1993 het die regering ’n bevel uitgevaardig wat Jehovah se Getuies toestemming verleen het om hulle bedrywighede ten volle te hervat. Die broers daar is verheug dat hulle nou hulle Koninkryksale kan gebruik en die “Ligdraers”-Streekbyeenkoms openlik kon hou. Altesaam 4739 het die ses byeenkomste bygewoon wat gehou is, en 121 is gedoop.
Suid-Afrika: Dit het nog drie gemeentes genoeë verskaf om hulle mooi, nuwe Koninkryksale toe te wy. Dit was Emolweni (noord van Pinetown), Sweetwaters (naby Pietermaritzburg) en Lydenburg.
Daar is hierdie jaar reeds twaalf Koninkryksale toegewy. Sewe-en-twintig gemeentes is tans besig om hulle Koninkryksaal te bou. Ons wil almal wat by hierdie projekte betrokke is, aanmoedig om die pas vol te hou. Dankie vir al julle gewillige broers en susters wat hard in hierdie aspek van die diens werk.
-
-
Wees gereeld in die velddiensKoninkryksbediening — 1993 | Junie
-
-
Wees gereeld in die velddiens
1 Doen ons positiewe stappe om gereeld aan die velddiens deel te neem? Probeer ons ons bes om ons velddiensrapport elke maand stiptelik by die Koninkryksaal in te gee? Dit is iets wat ons almal moet probeer doen, en ons moet nooit toelaat dat daar een maand verbygaan sonder dat ons ons geloof op die een of ander manier in die openbaar bely nie.—Rom. 10:9, 10.
2 ’n Aantal gemeentes sukkel nog om verkondigers sover te kry om hulle diens stiptelik aan die einde van elke maand te rapporteer. In ons brief van 15 Augustus 1992 het ons riglyne aan alle gemeentes verskaf oor die korrekte manier om velddiensrapporte te behartig. Ons wil tot julle voordeel ’n paar van hierdie punte herhaal. Dit is die voorreg en verantwoordelikheid van elke verkondiger om sy velddiensrapport in die spesiale bussie gemerk “Velddiensrapporte” te sit wat in elke Koninkryksaal moet wees. Volg jy hierdie riglyn sedertdien getrou? As dit die geval is, wil ons jou daarvoor prys. Maar gestel jy het vergeet om jou rapport betyds in te gee?
3 Aan die begin van elke maand moet die gemeentelike sekretaris elke boekstudiehouer voorsien van ’n lys van verkondigers in sy groep wat nie gerapporteer het nie. Die boekstudiehouer moet daardie verkondigers onmiddellik nader, die uitstaande rapporte kry en dit aan die sekretaris gee. Hierdie reëling moet élke maand gevolg word om te verseker dat alle laat rapporte gekry en aan die Genootskap gestuur word. Hierdie laat rapporte sal dan by die volgende maand se rapport getel word. Dit beteken dat elke verkondiger wat laat rapporteer die volgende maand as twee verkondigers getel sal word. Sodoende sal die verkondiger nie ongereeld word nie. Moet nooit twee maande se velddiensbedrywighede op een rapport kombineer nie, maar gee altyd ’n afsonderlike rapport vir elke maand in.
4 Hoe kan ons met hierdie reëling saamwerk as ons aan die einde van ’n maand weg gaan wees? Ons kan ons rapport in die bussie sit voor ons vertrek of ons kan seker maak dat ons ons velddiensrapport aan die gemeentelike sekretaris stuur. Dit moet vroeg genoeg gedoen word sodat dit ingesluit kan word by die gemeente se maandelikse rapport, wat deur die sekretaris saamgestel en teen die sesde van elke maand aan die Genootskap gestuur word.
5 Hoewel ons self gereeld moet wees, moet ons ook wakker wees om ander te help om gereeld aan die veldbediening deel te neem (Filip. 2:4). Hoe kan ons dit doen? Ons kan dalk ongedoopte verkondigers wat pas aan die bediening begin deelneem het, nooi om saam met ons te werk. ’n Vaste diensrooster sal help om die waarheid stewig in hulle hart gevestig te hou.
6 Wees gereeld in die velddiens. Gee elke maand jou velddiensrapport getrou in. Help ander om gereeld aan die velddiens deel te neem. Betoon ‘liefde aan die hele broederskap’.—1 Pet. 2:17, NW.
-
-
Gemeentelike boekstudieKoninkryksbediening — 1993 | Junie
-
-
Gemeentelike boekstudie
Rooster vir gemeentelike studies in die boek Die grootste mens wat nog geleef het.
7 Junie: Hoofstukke 95-96
14 Junie: Hoofstukke 97-98
21 Junie: Hoofstukke 99-100
28 Junie: Hoofstukke 101-102
-
-
Diensrapport vir MaartKoninkryksbediening — 1993 | Junie
-
-
Diensrapport vir Maart
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 619 60 22
Lesotho 1 286 104 134
Namibië 680 29 24
St. Helena (Feb.) 140 7 -
Suid-Afrika 52 064 3 770 3 836
Swaziland 1 373 82 120
-