Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ssb lied 150
  • Die brood uit die hemel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die brood uit die hemel
  • Sing lofliedere voor Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy al geëet van die brood van die lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • “Ware brood uit die hemel”
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus—“Die ware brood uit die hemel”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Christus, ons voorbeeld
    Sing lofliedere voor Jehovah
Sien nog
Sing lofliedere voor Jehovah
Ssb lied 150

Lied 150

Die brood uit die hemel

(Johannes 6:51)

1. Ons Vader in die hemel,

Dieselfde sal u ewig bly.

Graag sal ons tot u lof sing,

U naam se heiligheid bely.

U het eens soos ’n Herder,

Ten tye van groot nood,

U nasie trou beskerm,

En manna was hul brood.

U les hul dors met water

En lei hul met ’n digte wolk.

U bring hul toe na Kanaän—

’n Blye en geseënde volk.

2. U Seun is afgeskadu

Deur daardie wonderbare brood.

Hy kom toe uit die hemel

En red die mensdom van die dood.

Hy is die brood van God af.

Sy vlees het hy gegee

As losprys vir die mensdom

En deel so lewe mee.

Geloof in hom is redding.

Eet dus die brood wat God voorsien.

Ja, eet dit elke dag weer

Dat ons Jehovah rein kan dien.

3. Kom,bring die brood na mense

Wat swaarkry weens ’n honger- snood.

Gehoorsaam Christus Jesus

En voed sy “skape”met die brood.

Help ander in hul soektog

Na Gods geregtigheid,

Dat Hy hul ook kan seën

Tot in die ewigheid.

Na Jesus Armageddon

Gevoer het en die septer swaai,

Dan loof ons God voortdurend

Hier op ’n aarde rein en fraai.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel