-
Die twee getuies herleweOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
op die berg Karmel geseëvier het: “Jehovah is die ware God! Jehovah is die ware God!”—1 Konings 18:39.
29. Wat sê Johannes kom gou, en watter verdere skudding wag op die Christendom?
29 Maar luister! Johannes sê vir ons: “Die tweede wee is verby. Kyk! Die derde wee kom gou” (Openbaring 11:14). As die Christendom geskud is deur wat tot dusver gebeur het, wat sal sy dan doen wanneer die derde wee aangekondig word, die sewende engel op sy trompet blaas en die heilige geheim van God uiteindelik tot ’n einde gebring word?—Openbaring 10:7.
-
-
God se heilige geheim—Sy glorieryke klimaks!Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
Hoofstuk 26
God se heilige geheim—Sy glorieryke klimaks!
1. (a) Hoe lig Johannes ons in dat die heilige geheim tot ’n einde gebring word? (b) Waarom praat die engeleskare hard?
ONTHOU jy die sterk engel se geswore verklaring wat in Openbaring 10:1, 6, 7 opgeteken is? Hy het gesê: “Daar sal geen uitstel meer wees nie; maar in die dae wanneer die sewende engel homself laat hoor, wanneer hy op die punt staan om op sy trompet te blaas, word die heilige geheim van God ooreenkomstig die goeie nuus wat hy aan sy eie slawe, die profete, bekend gemaak het, inderdaad tot ’n einde gebring.” Jehovah se bestemde tyd het aangebreek waarin daar op hierdie finale trompet geblaas moet word! Hoe word die heilige geheim dan tot ’n einde gebring? Johannes is werklik verheug om ons in te lig! Hy skryf: “En die sewende engel het op sy trompet geblaas. En daar het harde stemme in die hemel gekom wat sê: ‘Die koninkryk van die wêreld het die koninkryk van ons Here en van sy Christus geword, en hy sal vir ewig en altyd as koning heers’” (Openbaring 11:15). Hierdie engeleskare het rede om hard te praat, selfs met dawerende stemme! Want hierdie geskiedkundige aankondiging is van universele belang. Dit is lewensbelangrik vir die ganse lewende skepping.
2. Wanneer en met watter gebeurtenis word die heilige geheim tot ’n triomfantlike einde gebring?
2 Die heilige geheim bereik sy gelukkige klimaks! Glorieryk, luisterryk word dit in 1914 tot ’n triomfantlike einde gebring wanneer die Here Jehovah sy Christus as mede-Koning op die troon plaas. Jesus Christus, wat namens sy Vader optree, neem aktiewe heerskappy oor te midde van ’n vyandige mensewêreld. As die beloofde Saad ontvang hy Koninkryksmag om die Slang en sy gebroedsel uit te wis en paradysagtige vrede op hierdie aarde te herstel (Genesis 3:15; Psalm 72:1, 7). As Messiaanse Koning sal Jesus sodoende Jehovah se Woord vervul en sy Vader, “die Koning van die ewigheid”, wat “vir ewig en altyd” as Soewereine Heer moet regeer, regverdig.—1 Timoteus 1:17.
3. Waarom het Jehovah God, hoewel hy nog altyd Koning was, toegelaat dat ander soewereiniteite op die aarde bestaan?
3 Maar hoe het “die koninkryk van die wêreld . . . die koninkryk van ons Here”, Jehovah, geword? Was Jehovah God dan nie nog altyd Koning nie? Hy was, want die Leviet Asaf het gesing: “God [is] van lankal af my Koning.” En ’n ander psalmis het gesê: “Jehovah
-