-
Die groot deur wat tot bedrywigheid lei, is oopKoninkryksbediening — 1997 | November
-
-
Die groot deur wat tot bedrywigheid lei, is oop
1 As ’n ywerige verkondiger van die goeie nuus het Paulus gretig gesoek na gebiede waar daar hulp nodig was, waarvan een die stad Efese was. Hy het daar soveel sukses met sy predikingswerk behaal dat hy vir mede-Christene geskryf het: “’n Groot deur wat tot bedrywigheid lei, is vir my oopgemaak” (1 Kor. 16:9). Paulus het voortgegaan om in daardie gebied te dien en baie Efesiërs gehelp om gelowiges te word.—Hand. 19:1-20, 26.
2 Vandag is daar vir ons ’n groot deur wat tot bedrywigheid lei, oopgemaak. Daar is nog baie gemeentes wat nie hulle hele gebied elke jaar deeglik kan dek nie. As julle gemeente graag wil help, moet julle asseblief die kringopsiener nader of aan die Genootskap skryf. Ons pogings kan dus die behoefte aanvul wat in sekere gebiede bestaan.—Vergelyk 2 Korintiërs 8:13-15.
3 Kan jy dien waar daar hulp nodig is? Het jy al die moontlikheid om elders te gaan dien biddend oorweeg? Jy kan dalk ’n gemeente help in die stad waar jy woon. Waarom praat jy nie met die kringopsiener oor die saak en hoor wat hy voorstel nie? Of dalk is daar in julle gemeente se gebied ’n groot dowe of anderstalige gemeenskap waarna niemand nog kon omsien nie. Kan jy jou inspan om hulle taal te leer sodat jy in hierdie behoefte kan voorsien? Of miskien is daar reeds ’n anderstalige groep of gemeente naby julle wat ‘die Heer om meer Koninkrykswerkers smeek’ (Matt. 9:37, 38). Kan jy, as dit die geval is, hulle help?
4 In die afgelope paar dekades het duisende Christengesinne na ander gebiede of selfs ander lande verhuis om ’n groter deelname aan die oeswerk te hê. Een egpaar wat dit gedoen het, het gesê: “Ons wou Jehovah dien waar ons van die grootste nut sou wees.” As jy hierdie begeerte het en na ’n ander plek in die land kan verhuis of as jy aan die vereistes voldoen om in ’n ander land te gaan dien, moet jy eers jou planne met die ouer manne in julle gemeente bespreek.
5 Ons beplan om ’n lys te voorsien van plekke waar daar hulp nodig is. As jy intussen by die Genootskap wil uitvind waar hulp nodig is, moet jy vir die Gemeentelike Dienskomitee ’n brief gee waarin jy jou spesifieke begeerte uiteensit. Hulle sal dit saam met hulle kommentare na die Genootskap toe stuur. Mag ons almal in Jehovah se diens besig bly solank die groot deur wat tot bedrywigheid lei, oop bly.—1 Kor. 15:58.
-
-
Betrek ongelowige huweliksmaatsKoninkryksbediening — 1997 | November
-
-
Betrek ongelowige huweliksmaats
1 Dit is ’n bron van groot vreugde as egpare in ware aanbidding verenig is. Maar in baie gesinne volg slegs een van die huweliksmaats die weg van die waarheid. Hoe kan ons hierdie ongelowige huweliksmaats betrek en hulle aanmoedig om Jehovah saam met ons te aanbid?—1 Tim. 2:1-4.
2 Verstaan hoe hulle dink: Hoewel sommige ongelowige huweliksmaats dalk teen die waarheid gekant is, is die probleem dikwels eerder onverskilligheid of ’n wanindruk. ’n Persoon voel dalk uitgesluit of is jaloers oor sy of haar huweliksmaat se nuwe geestelike belangstelling. “Wanneer ek alleen by die huis was, het ek eensaam gevoel”, vertel een man. “Ek het gevoel dat my vrou en kinders my verlaat”, sê ’n ander een. Party mans dink dalk dat ’n godsdiens hulle gesin van hulle af wegneem. (Sien Die Wagtoring van 15 Augustus 1990, bladsye 20-3.) Dit is waarom dit die beste is om, indien moontlik, die man van die begin af te betrek in die tuisbybelstudie met sy vrou.
3 Werk saam as ’n span: Een Getuie-egpaar het met sukses saamgewerk om getroude mense te help om die waarheid aan te neem. Nadat die suster ’n studie met die vrou begin het, het die broer die man besoek. Hy kon dikwels ’n studie met die man begin.
4 Wees vriendelik en gasvry: Gesinne in die gemeente kan help deur belangstelling te toon in gesinne wat nog nie in ware aanbidding verenig is nie. ’n Paar vriendelike besoeke help dalk die ongelowige huweliksmaat om te sien dat Jehovah se Getuies hartlike, liefdevolle Christene is wat almal se belange op die hart dra.
5 Van tyd tot tyd kan die ouer manne onlangse pogings om ongelowige huweliksmaats te betrek, bespreek en bepaal wat nog gedoen kan word in die hoop om hulle vir Jehovah te wen.—1 Pet. 3:1, voetnoot in naslaanuitgawe.
-