Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/99 bl. 1
  • ‘Beoefen geduld’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Beoefen geduld’
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons bediening—Gekenmerk deur geduld
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Hou aan om geduldig te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Leer uit die geduld van Jehovah en Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Kan jy geduld beoefen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 1/99 bl. 1

‘Beoefen geduld’

1 Namate ons sien hoe die einde van Satan se ou stelsel al hoe nader kom, is dit noodsaaklik dat ons ‘geduld beoefen’ terwyl ons op Jehovah se dag van verlossing wag. Veral so diep in hierdie laaste dae is bose vyandelike magte vasbeslote om ons aandag van die vernaamste geskil, naamlik Jehovah se soewereiniteit, af te lei en ons in die versoeking te bring om ons met ‘n menigte persoonlike belange besig te hou. Só sal Satan ons op listige wyse kan oorhaal om met die Koninkrykspredikingswerk op te hou of minder te doen (Jak. 5:7, 8; Matt. 24:13, 14). Op watter maniere kan ons hierdie nodige geduld openbaar?

2 Deur verdraagsaam te wees: Wanneer ons in ons bediening voor onverskilligheid of teenstand te staan kom, sal verdraagsaamheid ons help om in die predikingswerk te volhard. Ons sal nie maklik geïntimideer word of aanstoot neem as mense met wie ons in aanraking kom kortaf of onvriendelik is nie (1 Pet. 2:23). Hierdie innerlike krag kan verhoed dat ons negatiewe dinge sê oor mense in ons gebied wat onverskillig of vyandiggesind teenoor ons werk is, en ons laat besef dat sulke praatjies ontmoedigend sal wees vir ons en vir diegene wat saam met ons in die bediening werk.

3 Deur geduldige volharding: Dit kan ons geduld beproef wanneer ons ná ‘n goeie bespreking in die velddiens nie weer die belangstellende by die huis kan kry nie. Dit is ook die geval as diegene met wie ons studeer nie vinnig vordering maak of hulle standpunt vir die waarheid inneem nie. Maar geduldige volharding word dikwels met goeie resultate beloon (Gal. 6:9). ‘n Suster het ‘n hele paar herbesoeke by ‘n jong vrou gedoen voordat ‘n Bybelstudie uiteindelik begin is. Tydens die eerste vyf besoeke was die vrou se gedagtes by ander dinge. Met die sesde probeerslag het die suster papnat gereën in ‘n donderstorm en toe gevind dat daar niemand tuis was nie. Die suster was nietemin vasbeslote om die vrou nog een kans te gee, en toe sy daar kom, was die vrou reg vir die studie. Daarna het die student goeie vordering gemaak en binne ‘n kort tydjie haar lewe aan Jehovah toegewy.

4 Ons weet dat Jehovah se dag nie sal versuim nie. Ons wag dus dat hy sake reël, in die wete dat Goddelike geduld goeie vrugte sal afwerp (Hab. 2:3; 2 Pet. 3:9-15). Ons moet soos Jehovah geduld beoefen en nie in die bediening moed opgee nie. Wag met “geloof en geduld” op Jehovah om jou vir jou harde werk te beloon.—Heb. 6:10-12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel