Diensvergaderinge vir September
LET WEL: In Ons Koninkryksbediening sal daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die byeenkomsmaande wees. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die streekbyeenkoms en dan reël dat daar die week ná die streekbyeenkoms tydens die Diensvergadering ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte is. Die hersiening van elke dag kan voor die tyd aan twee of drie bekwame broers toegewys word wat sleutelgedagtes sal kan beklemtoon. Hierdie goed voorbereide hersienings sal die broers help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Kommentare of ondervindinge van die gehoor moet kort en saaklik wees.
Week wat begin met 2 September
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon gesprekpunte in jongste tydskrifte.
20 min: “Bied die goeie nuus aan—Begin studies deur middel van die direkte benadering.” Vrae en antwoorde. Ná paragrawe 3 en 4 bespreek is, demonstreer die direkte benadering deur middel van die Skepping-boek en die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld. Die direkte benadering sal jou help om vas te stel in watter mate die huisbewoner belangstel. Beklemtoon hoe noodsaaklik dit is dat ons teruggaan na waar belangstelling getoon is of die huisbewoner nou lektuur geneem het of nie. Spoor almal aan om hierdie naweek in die velddiens te probeer om deur middel van die direkte benadering Bybelstudies te begin.
15 min: Vraebus, “Ons Koninkryksbediening kry ’n nuwe voorkoms” en Teokratiese nuus. Lig gemeente in oor hoe werk in ontoegekende gebied vorder en bespreek toekomstige planne om in die gebied te werk. Spoor almal aan om die kampanje ten volle te ondersteun. Spoor gemeente aan om hierdie naweek velddiens te doen.
Lied 157 en slotgebed.
Week wat begin met 9 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien gedagtes in tydskrifte wat hierdie naweek in die velddiens gebruik gaan word. Demonstreer een of twee aanbiedinge soos die tyd dit toelaat.
20 min: Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar. Diensopsiener hersien gemeente se bedrywigheid vir die afgelope diensjaar. Prys broers hartlik vir gebiede waarop hulle verbeter het. Gee ’n oorsig van dinge waaraan daar plaaslik gedurende die nuwe diensjaar nog aandag geskenk moet word en gee praktiese wenke. Wat is gedoen om nuwe dissipels te help om gereelde verkondigers te word? Hersien Genootskap se brief van 10 Junie 1991 aan alle liggame van ouere manne, en beklemtoon hoe belangrik dit is dat ongereeldheid uitgeskakel moet word. Onthou, ons doel vir die hele veld is steeds dat alle verkondigers gereeld elke maand aan die velddiens moet deelneem en om nuwe dissipels wat kwalifiseer te help om aan die bediening deel te neem. Gebruik Index om materiaal te soek oor hoe belangrik dit is om raad toe te pas en hoe dit gedoen kan word. Diegene wat getrou in hulle diens volhard, dien as aansporing vir ander (Hebr. 6:10). Voer onderhoud met twee verkondigers of pioniers wat gedurende afgelope diensjaar goeie vordering gemaak het. Watter doelwitte het hulle vir 1992 gestel? Voer ook ’n onderhoud met ’n verkondiger of ’n pionier wat al baie jare getrou dien, en laat hulle kortliks vertel van probleme waarmee hulle te kampe gehad het en hoe hulle dit met Jehovah en sy organisasie se hulp oorkom het. Moedig almal aan om gedurende die 1992-diensjaar lonende doelwitte te stel om hulle bediening te verbeter.
15 min: “Aanvaar ons verantwoordelikheid om goed te doen aan ander.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, demonstreer hoe ’n ouere man by die Koninkryksaal ’n verkondiger vir sy getroue voorbeeld oor die jare loof. Hy kan gevra word wat gedoen kan word om te help. Maar die lof moet beklemtoon word.
Lied 94 en slotgebed.
Week wat begin met 16 September
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Lees Genootskap se erkenning van bydraes en spreek waardering uit vir verkondigers se geldelike steun van Genootskap se bedrywighede sowel as dié van die gemeente.
20 min: “Gemeentelike Boekstudiereëling—Deel 3.” Twee Gemeentelike Boekstudiehouers bespreek die materiaal en pas dit plaaslik toe. Beklemtoon gemeenskaplike voordele wanneer verkondigers met diensreëlings saamwerk. Meld dat dit nodig is om huise wat vir velddiensvergaderinge gebruik word, te respekteer, en prys diegene wat hulle huise gasvry beskikbaar stel (kmAF 3/86 bl. 3). Aangesien ander vergaderplekke van tyd tot tyd benodig word, kan enigiemand wat sy huis beskikbaar wil stel dit vir die presiderende opsiener of diensopsiener sê. Meld ook punte in verlede week se bespreking oor die stel van diensdoelwitte. Diensopsiener kan verkondigers help en aanmoedig om doelwitte in die bediening te bereik.
15 min: “Jongmense—Sal julle die toets van Christelike lojaliteit slaag?” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Junie 1991. Beklemtoon hoe dwaas dit is om ’n dubbele lewe te lei.
Lied 171 en slotgebed.
Week wat begin met 23 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Beklemtoon een of twee gedagtes in jongste tydskrifte. Spoor verkondigers aan om hierdie naweek velddiens te doen.
20 min: “Wees heelhartig in die veldbediening—Deel 3.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat ervare verkondiger, wanneer paragraaf 4 bespreek word, demonstreer hoe om ’n nuweling te help wanneer hulle in die velddiens is. Demonstreer oefensessie met nuweling en gebruik wenke van ervare verkondiger oor hoe om realistiese besware te oorkom.
15 min: Sekretaris hersien met gemeente die instruksies in Hoe om intekeninge reg te hanteer (S-AB-11) wat aan alle gemeentes gestuur is. Maak seker dat hierdie instruksies op die kennisgewingbord is voordat hierdie deel behartig word. Beklemtoon tersaaklike punte in die Genootskap se brief van 15 Mei 1991, veral oor hoe belangrik dit is om intekeningstrokies leesbaar in te vul en om Intekeninge wat nie afgelewer kan word nie-strokies (M-210) onmiddellik af te handel. Beklemtoon hoe belangrik dit is om intekeninge weekliks aan die Genootskap te stuur, selfs al is net een intekening verkry.
Lied 70 en slotgebed.