Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/91 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Oktober

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Oktober
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 30 September
  • Week wat begin met 7 Oktober
  • Week wat begin met 14 Oktober
  • Week wat begin met 21 Oktober
  • Week wat begin met 28 Oktober
Ons Koninkryksbediening—1991
km 10/91 bl. 2

Diensvergaderinge vir Oktober

Week wat begin met 30 September

Lied 199

12 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Aangesien Oktober die laaste maand van die ontoegekende gebiedkampanje is, moedig soveel mense as moontlik hartlik aan om aan hierdie werk deel te neem. Stel julle dit ten doel om julle gebied teen die einde van die maand heeltemal gedek te hê. Moet deur die diensopsiener behartig word, wat ook die gemeente se reëlings om in die ontoegekende gebied te werk moet bespreek.

18 min: “Besef die belangrikheid van hedendaagse gebeure.” Vrae en antwoorde. Demonstreer ná paragraaf 6 die nuwe Onderwerp vir gesprekke. Meld ’n spesifieke onderwerp in jongste Ontwaak!

15 min: Hoe ons persoonlik baat gevind het by die Ontwaak! Bekwame broer voer onderhoud met drie of vier verkondigers. Gebruik ten minste een skoolgaande verkondiger.

Lied 174 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Oktober

Lied 27

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Wees heelhartig in die veldbediening—Deel 4.” Toespraak. Moedig gesinshoofde aan om almal in hulle gesin te help om georganiseerd te wees en vir hulle redelike diensdoelwitte te stel.

15 min: “Bied die goeie nuus aan—deur publikasies verstandig te gebruik.” Vrae en antwoorde. Pas inligting plaaslik toe. Beklemtoon die gedagte dat verkondigers nie voor die voet tydskrifte onder die deur moet laat wanneer huisbewoners nie tuis is nie en dit nie moet gee aan diegene wat sê dat hulle nie geld het nie maar wat in werklikheid net nie belangstel nie.

10 min: “Waarom moet ons ons met nederigheid beklee?” Bemoedigende toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Julie 1991, bladsye 27-30.

Lied 92 en slotgebed.

Week wat begin met 14 Oktober

Lied 107

10 min: Plaaslike aankondigings, Teokratiese nuus, rekeningverslag en erkenning van bydraes. Lig die gemeente in oor die velddiensrapport vir September.

20 min: Soek na en onderrig verdienstelike persone. Toespraak en onderhoude. Beklemtoon Mattheüs 10:11, (NW). Dit is ’n al hoe groter probleem om mense tuis te vind en dit kan beslis ’n invloed op ons produktiwiteit en vreugde hê. Wat kan gedoen word? (kmAF 6/85 bl. 4). Nader mense op hulle werf. Hou verslag van diegene wat nie tuis is nie en gaan so gou as moontlik terug. Sommige het groot welslae behaal deur sulke mense saans tuis te vind; neem dus deel aan die aandgetuieniswerk (kmAF 6/87 bl. 4). Straatgetuieniswerk kan doeltreffend wees. Wanneer jy belangstellendes op straat vind, skryf hulle naam en adres neer. Tref reëlings om hulle tuis te besoek. (Voer kort onderhoude met twee of drie verkondigers en/of pioniers wat welslae behaal het in aand- of straatgetuieniswerk.) Satan sal elke moontlike manier gebruik om ons te keer om verdienstelike persone te vind. Ons moet na hulle soek. Die “skape” behoort aan Jesus Christus. Hy het die opdrag gegee dat ons hulle moet soek en moet voed (Joh. 21:15-17). Dit help ons om te besef hoe belangrik dit is om, indien moontlik, die bewoners van elke huis te vind.

15 min: Vind baat by die lewensverhale van Jehovah se Getuies. Bespreking deur twee broers. Die lewensverhale van hedendaagse knegte van God verskyn van tyd tot tyd in Die Wagtoring en die Ontwaak! Daar is ’n lys van hulle in die Watch Tower Publications Index onder die persoon se naam en onder die artikel se titel. (Illustreer hoe spesifieke artikels gevind kan word.) Dit is belangrik dat ons hierdie artikels sorgvuldig lees en krag en bemoediging daaruit kry. Gebruik inligting om ons broers en Bybelstudente aan te moedig. Hersien kortliks die artikel “Wat ’n vreugde om aan Jehovah se tafel te sit” in Die Wagtoring van 1 Augustus 1991, bladsye 25-9. Beklemtoon spesifieke gedagtes in die artikel wat ons help (a) in ons veldbediening, (b) om beproewinge te verduur, (c) om Jehovah en sy organisasie meer te waardeer en (d) om die wêreldwye broederskap te waardeer. Ons vind grootliks daarby baat as ons “navolgers [is] van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is”.—Hebr. 6:11, 12.

Lied 18 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Oktober

Lied 59

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld kortliks gesprekspunte in tydskrifte wat hierdie week in die getuieniswerk gebruik kan word.

20 min: “Gemeentelike Boekstudiereëling—Deel 4.” Vrae en antwoorde. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat almal in elke boekstudiegroep persoonlik in mekaar moet belangstel.

15 min: “Hoe om Christelike persoonlikhede in ons kinders te bou.” Twee broers bespreek artikel in Die Wagtoring van 1 Julie 1991, bladsye 24-7. Toon dat dit inspanning van ouers verg. Pas die materiaal op die plaaslike behoeftes in die gemeente toe.

Lied 116 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Oktober

Lied 164

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks die aanbod vir November.

12 min: Nut van die brosjure Die skool en Jehovah se Getuies. Toespraak, verkieslik deur ’n ouere man wat ’n ouer is. Toon hoe belangrik brosjure is om skoolowerhede bekend te stel met die opvattings van Jehovah se Getuies en om Christenouers sowel as jong Christene te help wat skoolbedrywighede betref. Gedrukte inligting moet van tyd tot tyd met kinders hersien word. Wanneer probleme of vrae ontstaan, raadpleeg die brosjure vir riglyne. Die meeste van die probleme wat met skoolowerhede ontstaan het, is veroorsaak omdat ouers nie betyds met onderwysers gaan gesels het nie. Wanneer die riglyne in die brosjure gevolg word, word probleme vermy. Vestig aandag op spesifieke inligting onder “Gesonde sedelike beginsels” en “Feesdae en vierings” (Bl. 9-11, 17-21). Gemeentes moet die brosjures in voorraad hê sodat ouers eksemplare in die hande kan kry om dit by onderwysers te laat. Beklemtoon ten slotte hoe belangrik dit is dat ouers in hulle kinders se skoolopleiding belangstel en hulle samewerking aan die skooladministrasie gee.—Bl. 30-1.

15 min: “Christenjongmense—Wees standvastig in die geloof.” Bespreking deur gesin gebaseer op die artikel in Die Wagtoring van 15 Julie 1991, bladsye 23-6. Die pa neem die leiding tydens die bespreking en betrek die vrou en kinders by die bespreking. Toon op watter maniere jongmense verskeie toetse van hulle geloof by die skool met welslae kan deurstaan.

8 min: Bespreek Vraebus. Toespraak. Lees en bespreek inligting na gelang van die beskikbare tyd.

Lied 183 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel