Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/93 bl. 2-3
  • Diensvergaderinge vir Februarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Februarie
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 Februarie
  • Week wat begin met 8 Februarie
  • Week wat begin met 15 Februarie
  • Week wat begin met 22 Februarie
Ons Koninkryksbediening—1993
km 2/93 bl. 2-3

Diensvergaderinge vir Februarie

Week wat begin met 1 Februarie

Lied 171

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer ’n tydskrifaanbieding wat op die jongste nommers gebaseer is.

20 min: “Hoe ons met ons Gemeentelike Boekstudiehouer kan saamwerk.” Vrae en antwoorde. Vertel die gemeente hoeveel verkondigers daar is en hoeveel van hulle gereeld in die velddiens uitgaan. Spoor al die verkondigers hartlik aan om hulle dit ten doel te stel om gereeld ELKE WEEK aan die velddiens deel te neem en om hulle velddiensrapporte stiptelik aan die einde van elke maand in die bussie vir rapporte te sit wat voorsien is.

15 min: “Eenvoudige en doeltreffende aanbiedings.” Bespreek met gehoor. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, kan daar gedemonstreer word hoe ’n verkondiger die Paradys op aarde-boek aanbied. Die huisbewoner moet duidelike belangstelling toon. Wanneer paragraaf 5 bespreek word, kan daar gedemonstreer word hoe ’n verkondiger ’n traktaat gebruik waar die huisbewoner die aanbod van die hand wys.

Lied 215 en slotgebed.

Week wat begin met 8 Februarie

Lied 126

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek gesprekspunte uit die jongste tydskrifte. Spoor almal aan om hierdie naweek aan die velddiens deel te neem.

15 min: “Spesiale bedrywighede vir Maart en April.” Bespreking deur die diensopsiener. Stel gemeente in kennis van hoeveel hulppioniers vir Maart goedgekeur is. Daar is nog tyd om aansoek te doen. ’n Onderhoud kan gevoer word met party wat verlede April aan die hulppionierdiens deelgeneem het. Hoe het hulle daarby baat gevind? Enige positiewe ondervindinge? Beplan hulle om hierdie jaar weer ’n deelname te hê? Sê hoeveel tot dusver as hulppioniers gedurende April gaan dien. Wek geesdrif op vir die spesiale tydskrifdag op 3 April.

20 min: “Hou Bybelstudies in die Paradys op aarde-boek.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Demonstreer na die bespreking van paragraaf 6 hoe ’n jongmens die Paradys op aarde-boek kan aanbied en dit gebruik om ’n Bybelstudie te begin. Vertel enige plaaslike ondervindinge van jongmense wat studies begin het.

Lied 53 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Februarie

Lied 143

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Dra die Genootskap se waardering oor vir die bydraes wat gestuur is, en prys die gemeente vir hulle getroue ondersteuning van die plaaslike gemeente se behoeftes. Spoor almal aan om aan die naweek se velddiensbedrywighede deel te neem.

20 min: “Leer hulle . . . wat Ek julle beveel het.” Vraag-en-antwoord-bespreking met gehoor. Wanneer paragrawe 4 en 5 bespreek word, kan ander voorbeelde van tekste en publikasies gegee word wat gepas is vir die plaaslike omstandighede. Hou ’n goed voorbereide demonstrasie wat toon hoe daar van jou inleidende bespreking na een van die traktate oorgegaan kan word. Bespreek een of twee paragrawe in die traktaat na gelang van die tyd. Moedig almal aan om voort te gaan om nuwe Bybelstudies te probeer begin.

15 min: “Nie handelaars van God se Woord nie.” Toespraak deur die presiderende opsiener of ’n ander ouere man wat gebaseer is op bladsye 26-9 van Die Wagtoring van 1 Desember 1992. Prys die broers opreg vir hulle ondersteuning van die Genootskap se wêreldwye werk sowel as van die plaaslike gemeente. Daar kan ook gemeld word hoeveel die gemeente tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds bydra en of daar tans enige plaaslike bouprojekte aan die gang is.

Lied 181 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Februarie

Lied 150

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Hersien die spesiale reëlings vir Maart en April met die gemeente. Kondig aan hoeveel hulppioniers daar in Maart gaan wees en hoeveel reeds vir April aansoek gedoen het. Prys die gemeente hartlik vir hulle goeie ondersteuning van die predikingswerk.

20 min: “Toon waardering vir die losprys.” Toespraak deur ’n ouere man.

15 min: Plaaslike behoeftes of ’n positiewe toespraak wat gebaseer is op die inligting in die artikel “Leer gehoorsaamheid deur dissipline te aanvaar” in Die Wagtoring van 1 Oktober 1992. Toon hoe al Jehovah se knegte—jonk en oud—dissipline ontvang, en bespreek die voordele wat daaruit voortspruit as ons ’n positiewe beskouing van gehoorsaamheid het.

Lied 211 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel