Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/98 bl. 1
  • Almal moet ‘die woord van harte aanneem’!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Almal moet ‘die woord van harte aanneem’!
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Bereik jou Bybelstudent se hart
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel een
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 11/98 bl. 1

Almal moet ‘die woord van harte aanneem’!

1 Miljoene mense studeer die Bybel saam met Jehovah se Getuies. As hulle vir die ewige lewe in aanmerking wil kom, moet hulle ‘die woord van harte aanneem’, soos die 3 000 gedoen het wat berou getoon het en op Pinksterdag 33 G.J. gedoop is (Hand. 2:41). Watter verantwoordelikheid plaas dit vandag op ons?

2 Ons moet ons Bybelstudente help om toegewydheid aan Jehovah te ontwikkel (1 Tim. 4:7-10). Met dié doel voor oë het die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, paragraaf 20, voorgestel: “Soek in die loop van die studie voortdurend na geleenthede om waardering vir Jehovah se eienskappe op te bou. Spreek jou eie diep gevoelens vir God uit. Help die student om te dink hoe hy ’n hegte, persoonlike verhouding met Jehovah kan ontwikkel.”

3 Die uitdaging waarvoor ons te staan kom: Die meeste mense is weens die invloed van valse godsdiens tevrede met ’n vorm van aanbidding wat die minimum tyd en inspanning verg en geen werklike verandering in hulle lewenswyse vereis nie (2 Tim. 3:5). Die uitdaging waarvoor ons te staan kom, is om ons Bybelstudente te help om te sien dat ware aanbidding meer behels as om net hoorders van die woord van God te wees. Hulle moet dít wat hulle leer in hulle lewe toepas (Jak. 1:22-25). As iets omtrent hulle persoonlike gedrag nie vir God aanneemlik is nie, moet hulle besef dat dit noodsaaklik is om ‘om te draai’ en te doen wat reg is om hom te behaag (Hand. 3:19). Om die ewige lewe te verkry, moet hulle ‘hulle kragtig inspan’ en ferm standpunt inneem vir die waarheid.—Luk. 13:24, 25.

4 Wanneer jy verskillende aspekte van sedelikheid bespreek, moet jy jou Bybelstudent vra hoe hy werklik oor hierdie sake voel en wat hy moet doen as hy sien dat hy veranderinge in sy lewe moet aanbring. Rig sy aandag na die organisasie waardeur hy die waarheid leer, en moedig hom aan om gemeentelike vergaderinge gereeld by te woon.—Heb. 10:25.

5 Kom ons stel ons dit ten doel om met ons onderrigting die student se hart te bereik. Dit sal ons vreugde verskaf as ons nuwelinge motiveer om God se woord van harte aan te neem en gedoop te word!—1 Tess. 2:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel