Dien waar daar hulp nodig is
Soos ons in Ons Koninkryksbediening vir November 1997, bladsy 1, gemeld het, voorsien ons nou ’n lys van plekke waar daar ouer manne, bedieningsknegte en pioniers nodig is. Enigeen, hetsy getroud of ongetroud, wat graag na een van hierdie gebiede wil verhuis, moet die inligting in Ons bediening-boek, bladsy 112, hersien en dan vir hulle plaaslike ouer manne van hulle begeerte vertel. Skryf gerus aan die takkantoor vir verdere besonderhede oor enige van hierdie plekke.
Graaff-Reinet: ’n Gemeente met 30 verkondigers, een ouer man en een bedieningskneg en ’n baie groot gebied om te dek. Sterk gesinne is nodig waarvan die gesinshoof ’n ouer man of bedieningskneg is, of wat ’n pionier in die gesin het.
Groblersdal: Het ervare pioniers nodig. Daar is 21 verkondigers, 2 ouer manne en 2 bedieningsknegte.
Hartswater: Die Magogong-gebied. ’n Gemeente met 14 verkondigers en een ouer man. Het sterk gesinne, ouer manne en bedieningsknegte nodig.
Paarl: Hierdie gemeente met 48 verkondigers het ’n groot gebied om te dek. Ervare pioniers, ’n paar ouer manne en bedieningsknegte is nodig.
Queenstown: ’n Gemeente met 50 verkondigers. Het ouer manne en bedieningsknegte met sterk gesinne nodig.
Riversdal: ’n Gemeente met 22 verkondigers, een ouer man en een bedieningskneg. Sterk gesinne word aangemoedig om na hierdie gebied te verhuis om saam met die plaaslike verkondigers te werk sodat ’n deeglike getuienis in Riversdal en die omliggende gebiede gegee kan word.
Somerset-Oos: Klein groepie met 16 verkondigers en slegs een ouer man. Het dringend die hulp van nog ’n ouer man, verkieslik ’n gesinsman, nodig. Daar is genoeg gebied vir ’n paar pioniers.
Botswana
Maun: ’n Florerende gemeente met 25 verkondigers, meestal Tswanasprekend. Hulle het die hulp van Engelssprekende gesinne nodig om in die Engelse gebied te werk en met die voltooiing van die Koninkryksaal te help.