Bied die Goeie Nuus Aan—Deur die brosjures te gebruik om studies te begin
1 Meer as 28 miljoen eksemplare van Jy vir kan ewig op die aarde lewe! is al in 129 tale gepubliseer. Miljoene eksemplare van Die regering wat die Paradys gaan bring en “Laat u Naam geheilig word“—Watter naam? is ook al in baie talle gedruk. Dit is ons doel om gedurende Augustus hierdie brosjures by mense te laat en tuisbybelstudies te begin.
2 Hoe kan ’n brosjure gebruik word om ’n Bybelstudie te begin, aangesien daar geen gedrukte vrae onderaan die bladsye is nie? Dit kan gedoen word deur bloot die brosjure saam met die huisbewoner deur te lees, die tekste na te slaan en die informasie te bespreek. As ons hiermee sukses wil behaal, moet ons egter vertroud wees met die materiaal in die brosjure en wakker wees om te sien of die huisbewoner die hoofpunte in elke paragraaf verstaan. Die volgende paragrawe sit wenke uiteen oor hoe ons ’n bespreking in elk van die brosjures kan begin.
3 Jy kan vir ewig op die aarde lewe!: Dit is maklik om hierdie brosjure te verstaan, en dit vind veral byval by jonger persone sowel as by mense met beperkte leesvermoë. Die Skriftuurlike gedagtes en prente is genommer sodat daar maklik daarna verwys kan word. Ons kan ’n Studie begin deur die huisbewoner te vra om sy eksemplaar van die brosjure by nommer 4 en 5 oop te slaan. Vra hom om te beskryf wat hy in die prent sien. Help hom om te waardeer hoe dit die volmaakte begin voorstel wat God Adam en Eva in die tuin van Eden gegee het. Vra hom of die aarde vandag ’n paradys is en laat hom toe om te antwoord. Na ’n paar kommentare oor die slegte toestande op die aarde vandag, kan jy na nommer 49 blaai en verduidelik hoe die Paradys op aarde herstel sal word en hoe goddeloosheid verwyder sal word. Bespreek die geskrewe kommentare, die tekste en die prent met die huisbewoner. Blaai dan na nommer 1 en 2 en vra die huisbewoner wie alleen die aarde ’n paradys kan maak. Laat hom kommentaar lewer. Dit is klaarblyklik dieselfde persoon wat ’n paradys in die begin gemaak het—God. Tref reëlings om die bespreking later voort te sit.
4 Die regering wat die Paradys gaan bring: Ons stel voor dat die paragraaf op bladsy 3 bespreek word wanneer hierdie brosjure by iemand gelaat word. Ons kan die saak direk benader deur voor te stel dat ons die materiaal op die volgende bladsye saamlees om te sien waarom ons God se Koninkryk so nodig het. Elke paragraaf kan gelees en bespreek word en die tekste nageslaan en geanaliseer word. Die langer teksverwysings kan opgesom word en die huisbewoner kan aangemoedig word om dit te lees wanneer hy tyd het. Help die huisbewoner om die prente te waardeer en te verstaan hoe hulle verband hou met die paragrawe onder bespreking.
5 “Laat u Naam geheilig word” —Watter naam?: Vra die huisbewoner om sy eksemplaar van die brosjure by bladsy 6 oop te slaan. Lees die opskrif “God se naam—Die betekenis en uitspraak daarvan”. Vra dan hoe hy dink ons kan uitvind wat God se naam is. Laat hom toe om te antwoord. Sê dan vir hom dat hierdie gedeelte van die brosjure die vraag beantwoord. Nooi die huisbewoner om die tweede paragraaf saam met jou te lees, bespreek dit en kyk na die aangehaalde teks. Beklemtoon die gedagte dat tensy die Skepper dit self aan ons meegedeel het daar geen manier sou wees waarop ons sou kon weet wat sy naam is nie. Gaan voort deur die paragrawe en tekste te lees en te bespreek.
6 Hierdie kleurryke en leersame brosjures kan as stapstene dien tot ’n gereelde tuisbybelstudie in die Paradys op aarde-boek. ’n Bespreking in een van die brosjures kan jou help om vas te stel of die huisbewoner werklik in die waarheid belangstel. Enige gedeelte van ’n brosjure wat die huisbewoner se aandag trek, kan bespreek word, en dit is nie nodig om ’n hele brosjure te bestudeer voordat daar tot een van die studieboeke oorgegaan word nie. Mag ons almal goed gebruik maak van die brosjures terwyl ons regskape persone help om ’n juiste kennis van die waarheid te kry.—Joh. 17:3.