Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/92 bl. 10
  • Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Eenvoudige en doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Begin Bybelstudies—Nou is die geleë tyd
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Doen doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 4/92 bl. 10

Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke

1 “Ek het geplant, Apollos het natgemaak.” Dit is wat die apostel Paulus gesê het (1 Kor. 3:6). Hierdie paar woorde voorsien ’n eenvoudige skets vir die eerste twee stappe in die maak van dissipels. Die herbesoekwerk is al dikwels as die “natmaak”-werk beskryf. Dit is ’n onontbeerlike skakel tussen die eerste besoek en wanneer die persoon ’n gedoopte dissipel word. Deur middel van die herbesoekwerk kan ons ‘kennis uitstrooi’ om die bietjie belangstelling wat getoon is wakker te hou totdat dit wortelskiet en ’n Bybelstudie begin word.—Spr. 15:7.

2 Sommige is dalk huiwerig om terug te gaan na mense wat belangstelling getoon het omdat hulle onseker is oor wat om te sê. Ons handleiding Redenering uit die Skrif is al met welslae in hierdie natmaakwerk gebruik. Voor die huisbewoner tot ’n gereelde Bybelstudie instem, moet ’n aantal kort besoeke gewoonlik gedoen word. Die Redenering-boek bevat sketse van skriftuurlike onderwerpe wat met die huisbewoner bespreek kan word. Berei goed voor vir die herbesoek, en gebruik een of meer van die volgende wenke.

3 As jy “Die Wagtoring” van 15 April 1992 oor gebed by iemand gelaat het, kan jy die volgende vraag stel wanneer jy teruggaan:

◼“Wat kan ’n mens se gebede vir God onaanneemlik maak?” Nadat jy die huisbewoner tyd gegee het om te antwoord, haal jou Redenering-boek uit en blaai na bladsy 138. Bespreek ’n paar van die tekste onder daardie tussenhofie met hom en moedig hom aan om direk uit die boek te lees. Bied die intekening aan of twee tydskrifte as die aanbod van die hand gewys word.

4 Tydens ’n ander herbesoek kan jy die huisbewoner vra wat hy dink God se Koninkryk is wat in die Onse Vader genoem word, en dan kan jy na bladsye 246-52 blaai. Bespreek, as jy genoeg tyd het, die tekste onder “Is God se Koninkryk ’n werklike regering?” en “Wat gaan God se Koninkryk doen?” Help die huisbewoner om te verstaan dat dit ’n wanbegrip is om te glo dat die Koninkryk in ’n mens se hart is. Die Koninkryk is ’n werklike regering! Pleks van al die inligting tydens een besoek te bespreek, stel ’n paar vrae wat later bespreek kan word.

5 In ’n ander geval sal die huisbewoner dalk die Ontwaak! van 22 April 1992 neem wat handel oor “Lewe—Wat is die doel daarvan?”

Jy kan vra:

◼“Is daar enige bewyse dat die menseliggaam ontwerp is om vir ewig op die aarde te lewe?” Of: “Dink jy die dooies is bewus van wat die lewendes doen?” Hierdie vrae sal dalk belangstelling by die huisbewoner wek omdat dit hom persoonlik raak. Tref reëlings om terug te kom met die antwoorde, wat in die Redenering-boek op bladsye 272 en 87 onderskeidelik bespreek word.

6 Indien die eerste bespreking oor die toekoms van die aarde gehandel het, kan jy vra:

◼“Sal God toelaat dat mense die aarde op die een of ander manier vernietig?” Blaai dan na bladsy 47 van die Redenering-boek en bespreek die skriftuurlike antwoord. Of die huisbewoner vra dalk: “Waar sal almal woon indien miljarde uit die dood opgewek word?” Die antwoord is op bladsye 326-7 van die Redenering-boek.

7 Probeer om die huisbewoner nie tydens een besoek met al die waarhede te oorweldig nie. Stel ’n paar vrae wat tydens toekomstige besoeke beantwoord kan word. As God se medewerkers wil ons die plant- en natmaakwerk op ’n bedrewe wyse uitvoer deur die Redenering-boek doeltreffend te gebruik. Ons kan verseker wees dat God die groei sal bewerkstellig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel