Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/88 bl. 1-2
  • Begin Bybelstudies—Nou is die geleë tyd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Begin Bybelstudies—Nou is die geleë tyd
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • MET BEHULP VAN DIE REDENERING-BOEK
  • Hoe om tuisbybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die goeie nuus aan—Deur tuisbybelstudies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bied die goeie nuus aan—Begin studies deur middel van die direkte benadering
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 9/88 bl. 1-2

Begin Bybelstudies​—Nou is die geleë tyd

1 Gedurende 1987 was die gemiddelde getal bybelstudies wat gehou is byna gelyk aan die wêreldwye verkondigersyfer. Wat ’n wonderlike potensiaal vir vermeerdering in Koninkryksverkondigers! Neem jy deel aan hierdie bevredigende aspek van die dissipelmaakwerk? Noudat ons ’n nuwe diensjaar begin, is dit die geleë tyd om jou daarop toe te lê om bybelstudies te begin.​—Vergelyk 2 Korinthiërs 6:2.

2 Die Ons bediening-boek, bladsye 89-91, beklemtoon watter voorreg ons het om ander deur middel van tuisbybelstudies geestelik te help. Bladsy 91 spoor ons aan: “Stel jou dit ten doel om, indien moontlik, gereeld ten minste een tuisbybelstudie te hou benewens die studie wat jy saam met jou kinders hou.” Dit is ’n goeie doelwit wat ons almal kan nastreef deur by elke geleentheid ’n bybelstudie aan te bied.

MET BEHULP VAN DIE REDENERING-BOEK

3 Het jy probeer om ’n bybelstudie by die heel eerste besoek aan te bied? Op bladsy 14 onder “Tuisbybelstudie” doen die Redenering-boek twee inleidings aan die hand wat hierdie direkte benadering gebruik. Hierdie inleidings vertel die huisbewoner dat die doel van ons besoek is om ’n gratis tuisbybelstudie aan te bied. Ons kan, ongeag watter boek ons gebruik, aanbied om te demonstreer hoe ons ’n studie hou. Talle huisbewoners het reeds van ons lektuur wat gebruik kan word. Of ’n traktaat kan gebruik word as ’n grondslag om die studie te begin. Dit kan gedoen word, selfs as die lektuuraanbod van die hand gewys is, mits dit gepas lyk en die huisbewoner daartoe instem. Wanneer ons byvoorbeeld die Skepping-boek aanbied, sê die persoon dalk dat hy nie in die skepping en evolusie belangstel nie. Ons kan dan aanbied om vir hom te wys hoe ons ’n bybelstudie hou deur hoofstuk 19 van die Skepping-boek, “’n Aardse paradys is voor die deur”, te gebruik. Afhangende van die persoon se belangstelling kan ons gepaste materiaal uit hoofstukke 16 tot 20 kies.

4 ’n Ander metode om bybelstudies te begin, behels die gebruik van die Redenering-boek by herbesoeke. Wanneer jy reël om na ’n belangstellende terug te gaan, kan jy die vraag stel: “Sal die planeet Aarde in ’n kernoorlog vernietig word?” Pleks van die huisbewoner dan net te vertel dat jy die antwoord sal gee wanneer jy terugkom, kan jy hom drie of vier van die teksverwysings op bladsye 25 en 26 van die Redenering-boek laat neerskryf. Moedig die huisbewoner aan om hierdie tekste ter voorbereiding van jou volgende besoek te lees. Gaan so gou moontlik binne die bestek van ’n week terug en slaan die tekste saam na. Bespreek hoe elkeen verband hou met die vrae wat gestel is. Stel dan ’n ander vraag wat met die volgende besoek beantwoord sal word. Gee die huisbewoner weer ’n paar tekste om na te slaan voor jy terugkom.

5 Dit is goed om vir die belangstellende te wys dat jy jou informasie uit die Redenering-boek kry. Jy kan mettertyd sy aandag op die Paradys op aarde-boek vestig en ’n tuisbybelstudie begin. Soos jy kan sien, is hierdie metode doeltreffend selfs as die huisbewoner aanvanklik nie lektuur neem nie, maar wel besorgdheid toon oor wereldtoestande en wil weet wat die toekoms inhou.

6 Hou Jesus se woorde aan sy dissipels in Mattheüs 28:19 in gedagte: “Gaan dan heen, maak dissipels.” Sal jy graag aan hierdie lewensreddende werk wil deelneem deur ’n tuisbybelstudie te hou? Kan jy nog een of twee studies in jou rooster inpas, al hou jy reeds een? Maak dit ’n saak van gebed om bybelstudies te begin terwyl jy ‘die tyd uitkoop’.​—Ef. 5:15,  16, vgl. NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel