Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/93 bl. 1
  • Hoe om tuisbybelstudies te begin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om tuisbybelstudies te begin
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Begin Bybelstudies—Nou is die geleë tyd
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Bied jy Bybelstudies aan?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die goeie nuus aan—Begin studies deur middel van die direkte benadering
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bied die goeie nuus aan—Deur tuisbybelstudies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 9/93 bl. 1

Hoe om tuisbybelstudies te begin

1 Een van die lonendste en bevredigendste ondervindinge vir ware Christene is om iemand die waarheid deur middel van ’n tuisbybelstudie te leer. Tog neem party dalk nie aan hierdie verrykende faset van die bediening deel nie, omdat hulle meen dat hulle nie in staat is om ’n Bybelstudie te begin en te hou nie. Talle uitstekende verkondigers en pioniers het eens op ’n tyd so gevoel. Maar deur op Jehovah te vertrou en die wenke in Ons Koninkryksbediening toe te pas, het hulle geleer hoe om Bybelstudies te begin en te hou, en hulle het hulle vreugde in die bediening vergroot. Jy kan dieselfde doelwit hê.

2 Deur die direkte metode en traktate te gebruik: Een van die maklikste maniere om ’n studie te begin, is deur die direkte metode. Party mense het net ’n hartlike uitnodiging nodig om die Bybel te bestudeer. Dit kan gedoen word deur die huisbewoner eenvoudig te vra: “Wil jy graag ’n persoonlike tuisbybelstudie hê en meer omtrent die Bybel en God se voorneme met die aarde leer?” Of jy kan vir die huisbewoner sê dat jy graag vir hom wil wys hoe ’n tuisbybelstudie gehou word. Hoewel baie hierdie aanbod moontlik van die hand sal wys, dink net hoe verheug jy sal wees as iemand dit aanvaar!

3 Nog ’n manier om ’n Bybelstudie te begin, is om een van ons traktate te gebruik. Hoewel hulle klein is, dra hulle ’n kragtige en oortuigende boodskap oor. Hoe kan ’n studie uit ’n traktaat begin word? Deur eenvoudig vir die huisbewoner ’n traktaat te gee wat jy dink vir hom interessant sal wees. Neem dan die inisiatief en nooi die huisbewoner om die eerste paragraaf saam met jou te lees. Slaan die tekste wat aangegee word na en bespreek hoe hulle op die materiaal van toepassing is. Met jou eerste besoek kan jy dalk net een of twee paragrawe bespreek. Namate die huisbewoner besef dat hy interessante dinge uit die Bybel leer, kan jy moontlik langer besprekings met hom hê.

4 Deur net die Bybel te gebruik: Soms is iemand bereid om die Bybel te bespreek, maar huiwerig om ’n formele studie te aanvaar of een van ons publikasies te gebruik. Jy kan steeds ’n Bybelstudie begin en hou deur interessante skriftuurlike besprekings voor te berei wat op gedeeltes uit die Paradys op aarde-boek of die Redenering-boek gebaseer is, maar dan net die Bybel te gebruik wanneer jy die belangstellende besoek. Sulke besprekings kan na gelang van die omstandighede 15 of 20 minute, of langer, duur. As dit gereeld gedoen word en Bybelwaarhede progressief geleer word, het jy ’n Bybelstudie begin, en jy kan dit as een rapporteer. Lei die Paradys op aarde-boek in wanneer die tyd daarvoor reg is en hou ’n formele studie daaruit.

5 Het jy al probeer om Bybelstudies met bure, kennisse of familielede te begin, bo en behalwe om geleenthede in die velddiens te vind? Was dit ’n ruk gelede? Het jy onlangs weer probeer? Het jy, as een metode nie werk nie, dit oorweeg om ’n ander een te probeer?

6 Jy kan sukses behaal en Bybelstudies begin as jy die wenke toepas wat gegee word, as jy in die velddiens volhard en op Jehovah vertrou om jou pogings te seën. Moet nooit die krag van die waarheid en die hulp wat Jehovah gee, onderskat nie. Mag jy jou vreugde in die bediening vergroot deur tuisbybelstudies te begin en te hou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel