Diensvergaderinge vir September
Week wat begin met 6 September
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
20 min: Gaan jy gedurende die 1994-diensjaar ’n gereelde verkondiger van die goeie nuus wees? Bespreking deur sekretaris. Begin met skriftuurlike bespreking wat op die informasie in Ons bediening-boek, bladsye 82 en 85, gebaseer is. Hersien daarna die gemeente se velddiensbedrywighede vir die afgelope diensjaar, gebaseer op die informasie wat op die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-10) voorsien word. Lig die gemeente in oor hoeveel gedurende die afgelope diensjaar ongereeld was. Hoeveel het net een maand nie velddiens gedoen nie? Hoeveel het twee of meer maande nie velddiens gedoen nie? Party moes dalk uiterste omstandighede, soos gesondheidsprobleme, die hoof bied terwyl ander eenvoudig net nie hulle diens gerapporteer het nie. Hoe kan ons almal saamwerk om seker te maak dat elke verkondiger gedurende die nuwe diensjaar gereeld velddiens sal doen? Hersien punte uit Ons Koninkryksbediening vir Junie 1993, bladsy 3. Punte uit Ons Koninkryksbediening vir Julie 1993, bladsy 2, kan ook gebruik word. Beklemtoon dat elkeen persoonlik verantwoordelik is om weekliks aan die velddiens deel te neem en stiptelik aan die einde van elke maand ’n rapport in te gee. Bespreek die rol van elke Gemeentelike Boekstudiehouer asook die sekretaris om seker te maak dat hulle alle rapporte wat laat is, kry en saam met die volgende maand se rapport na die Genootskap stuur. In Suid-Afrika is ongeveer 20 persent van die verkondigers ongereeld. In Japan is slegs 2 persent ongereelde verkondigers. Kan ons in hierdie opsig verbeter? Sal jy die uitdaging aanvaar om gedurende die 1994-diensjaar ’n gereelde verkondiger te wees?
15 min: “Help ander om ’n groot skat te herken.” Vraag-en-antwoord-dekking. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, laat ’n verkondiger die Paradys op aarde-boek vir ’n ouer aanbied.
Lied 108 en slotgebed.
Week wat begin met 13 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Sluit die rekeningverslag en erkenning van bydraes in. Prys die gemeente vir hulle milddadige ondersteuning van plaaslike behoeftes asook die Genootskap se wêreldwye werk.
10 min: “Bevoordeel ander deur die tydskrifte te gebruik.” Toespraak met demonstrasies. Beklemtoon hoe nuttig dit is om ten volle gebruik te maak van die jongste sowel as ouer nommers van die tydskrifte. Hou twee demonstrasies, een waartydens daar ’n nuwe tydskrif gebruik word en een waartydens daar getoon word hoe ’n ouer nommer gebruik kan word om in die huisbewoner se spesifieke behoefte te voorsien.
15 min: “Wat sal ons gedurende hierdie diensjaar bereik?” Toespraak met gehoorbespreking. Moet deur die presiderende opsiener behartig word. Hersien die gemeente se diens gedurende die afgelope jaar en moedig almal aan om vir groter bedrywighede gedurende die 1994-diensjaar te beplan.
10 min: “Bestudeer die Paradys op aarde-boek en die Verenig in aanbidding-boek.” Nadat die artikel met die gehoor hersien is, moet ’n goed voorbereide verkondiger demonstreer hoe om van ’n studie uit die Grootste mens-boek na die Paradys op aarde-boek oor te gaan.
Lied 17 en slotgebed.
Week wat begin met 20 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Vestig die aandag op artikels in die jongste tydskrifte wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word.
20 min: “Help skaapgeaarde mense om op ’n soliede fondament te bou.” Bespreek artikel met die gehoor. Beklemtoon hoe belangrik dit is om vir elke herbesoek voor te berei. Reël dat ’n bekwame verkondiger demonstreer hoe ’n herbesoek gedoen word op iemand wat vantevore die Paradys op aarde-boek geneem het, en maak gebruik van die informasie in paragraaf 3 of paragraaf 5.
15 min: “Hoe om tuisbybelstudies te begin.” Vrae en antwoorde. Lei ná paragraaf 4 ’n lewendige demonstrasie in waartydens net die Bybel gebruik word, maar wat op dele uit die Paradys op aarde- of die Redenering-boek gebaseer is, soos voorgestel.
Lied 84 en slotgebed.
Week wat begin met 27 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Nooi die diensopsiener om verslag te lewer oor die vooruitgang wat met die werk in die ontoegekende gebied gemaak is en bespreek die planne vir die laaste maand van die kampanje. Moedig almal aan om ’n groot verskeidenheid lektuur saam te neem, onder andere ouer nommers van die tydskrifte in die tale wat in die gebied gepraat word. Laat, indien moontlik, by elke huisbewoner in die gebied iets om te lees.
15 min: Vraebus. Moet deur ’n ouere man behartig word. Beklemtoon waarom ons aandag moet skenk aan ons gedrag by doopplegtighede en in watter lig dit Jehovah en die Koninkryksboodskap stel.
15 min: Bied gedurende Oktober intekeninge aan. Reël drie demonstrasies, een wat die aandag op die jongste Wagtoring vestig, een op die jongste Ontwaak! en een waartydens die huisbewoner wat baie besig is tydskrifte of ’n traktaat aanvaar. Ontleed ná elke demonstrasie saam met die gehoor waarom die aanbieding doeltreffend was. Moedig verkondigers aan om intekeninge by elke geleentheid aan te bied.
Lied 21 en slotgebed.