Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/93 bl. 3
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Let voortdurend op hoe julle wandel
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Ons moet God se Woord aanneem, toepas en daarby baat vind
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 7/93 bl. 3

Nuwe kringbyeenkomsprogram

1 In gehoorsaamheid aan Jesus se woorde in Mattheüs 6:33 het ware Christene nog altyd die Koninkryk eerste in hulle lewe gestel. “Hou aan om eers die Koninkryk te soek” is dus ’n gepaste tema vir die kringbyeenkomsprogram wat in September 1993 sal begin.

2 Die program sal van die begin af die werklikheid van die Koninkryk na vore bring en beklemtoon dat dit ’n funksionerende regering is met ’n domein, heersers, onderdane en wette. Trouens, baie van die wette van menseregerings waarby die gemeenskap vandag baat vind, is op Bybelwette gegrond.

3 Die beskerming en seëninge wat ons ontvang omdat ons die Koninkryk eerste in alle aspekte van ons lewe stel, sal bespreek word. Nuttige raad sal gegee word om te toon hoe ons onnodige kommer kan vermy. Toesprake, demonstrasies en besprekings sal toon waarom dit so belangrik is om ons oog eenvoudig te hou.

4 Op die Saterdag van die byeenkoms sal doopkandidate wat kwalifiseer hulle toewyding aan Jehovah in die openbaar kan bekend maak. En Sondag moet ons almal daar wees vir die openbare toespraak met die titel: “Wat God se Koninkryk vir die mensdom gaan doen.”

5 Maak seker dat jy reëlings tref om albei dae van die kringbyeenkoms teenwoordig te wees. Die byeenkomsprogram, asook die aangename broederlike omgang, sal opbouende en verkwikkende bemoediging verskaf wat nie een van ons moet mis nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel