Ek wil ’n Bybelstudie hê!
1 Baie van ons het al die begeerte uitgespreek om ’n Bybelstudie te hê, en om goeie rede. Dit is deur Bybelstudies te hou dat ons ons doelwit bereik om nuwe dissipels te maak (Matt. 28:19, 20). En tog het baie van ons maande, selfs jare, laas die spesiale vreugde gesmaak om iemand die waarheid te leer. Wat kan ons gedurende November hieromtrent doen? Aangesien ons hierdie maand die Kennis-boek gaan aanbied, kan ons ’n spesiale poging aanwend om dit te gebruik om Bybelstudies te begin.
2 Sit een of meer naweke opsy: Ons moedig almal aan om hierdie maand tyd opsy te sit sodat hulle hulle daarop kan toelê om ’n nuwe Bybelstudie te begin. Gemeentelike Boekstudiehouers moet een of meer naweke kies wat spesifiek hiervoor gebruik sal word en dan reël dat hulle groep ’n daadwerklike poging aanwend om herbesoeke te doen.
3 Bring jou rekord van herbesoeke saam met jou na hierdie velddiensvergaderinge. Gaan besoek dan almal wat belangstelling getoon het, lektuur geneem het of vergaderinge bygewoon het. Doen elke besoek met die spesifieke doel om ’n studie te begin.
4 Demonstreer ’n Bybelstudie: By die gekose velddiensvergaderinge moet ’n goed voorbereide demonstrasie gehou word wat toon hoe om ’n studie tydens ’n herbesoek te begin. Jy kan sê: “Baie mense het ’n Bybel, maar hulle besef nie dat dit die antwoorde bevat op die belangrike vrae waarvoor ons almal in die lewe te staan kom nie. [Wys vir die persoon die inhoudsopgawe in die Kennis-boek en lees die titels van hoofstukke 3, 5, 6, 8 en 9.] Deur hierdie studiehulp elke week ’n uur of wat te gebruik, kan jy binne ’n paar maande ’n basiese begrip van die Bybel kry. As jy een van hierdie onderwerpe kies, sal ek graag vir jou wil wys hoe die program werk.” As die persoon weens ’n besige rooster huiwerig is om te studeer, kan jy verduidelik dat ons ook ’n verkorte program het. Haal die Vereis-brosjure uit en bied aan om een kort les per week in 15-30 minute te bestudeer.
5 As ons almal ’n verenigde poging aanwend om studies te begin en as ons Jehovah vra om ons poging te seën, sal ons sekerlik nuwe studies vind! (1 Joh. 5:14, 15). As jy ’n Bybelstudie wil hê, is hierdie dalk jou geleentheid om een te begin.