Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/07 bl. 8
  • Hoe die Gemeentelike Boekstudiereëling ons help

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe die Gemeentelike Boekstudiereëling ons help
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Gemeentelike Boekstudie—Waarom ons dit nodig het
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Hoe Gemeentelike Boekstudieopsieners persoonlike belangstelling toon
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Hulp op die regte tyd
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hoe om by jou velddiensgroep baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 8/07 bl. 8

Hoe die Gemeentelike Boekstudiereëling ons help

1. Hoe help ons vyf weeklikse vergaderinge ons?

1 Elkeen van ons vyf weeklikse vergaderinge word op ’n ander manier gehou en het ’n ander doel. Maar hulle is almal belangrik om ons te help om “op mekaar ag [te] gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor” (Heb. 10:24, 25). Wat is ’n paar unieke en voordelige kenmerke van die Gemeentelike Boekstudiereëling?

2. Watter voordele hou dit in om in ’n kleiner groepie by die boekstudie te vergader?

2 Hulp om geestelike vooruitgang te maak: ’n Boekstudie word gewoonlik deur baie minder mense bygewoon as die ander gemeentelike vergaderinge. Dit maak dit makliker om vriendskappe aan te knoop wat ’n bron van geestelike ondersteuning is (Spr. 18:24). Het jy al ’n poging aangewend om almal in jou boekstudiegroep te leer ken, miskien deur elkeen te vra om saam met jou in die bediening te werk? Die boekstudiereëling maak dit ook vir die boekstudieopsiener moontlik om te weet wat die unieke omstandighede van elkeen in die groep is en om hulle persoonlik aan te moedig.—Spr. 27:23.

3. Hoe maak die boekstudiereëling dit makliker vir Bybelstudente om kommentaar te lewer en dit by te woon?

3 Het jy jou Bybelstudente al genooi om die boekstudie saam met jou by te woon? Belangstellendes wat huiwerig is om ons groter vergaderinge by te woon, sal dalk minder senuweeagtig wees om ’n kleiner vergadering by te woon, veral in ’n huis. Die hartlike atmosfeer maak dit makliker vir kinders en nuwelinge om ook kommentaar te lewer. En aangesien die groep kleiner is, het ons meer geleenthede om deel te neem en Jehovah te loof.—Ps. 111:1.

4. In watter opsigte kan die boekstudiereëling gerieflik wees?

4 Boekstudies word gewoonlik op gerieflike plekke oral in die gebied gehou. Hoewel dit nie moontlik is om almal na die boekstudie naaste aan hulle toe te wys nie, hoef ons moontlik nie so ver te stap of te ry om ons toegewese boekstudie by te woon soos om ander gemeentelike vergaderinge by te woon nie. Die plek waar die boekstudie gehou word, is moontlik ook ’n gerieflike plek vir velddiensvergaderinge.

5. Hoe kan ons boekstudieopsiener ons in die bediening help?

5 Hulp vir die bediening: Die boekstudieopsiener wil graag elkeen help om ’n gereelde, betekenisvolle en vreugdevolle aandeel aan die bediening te hê. Hy probeer dus om saam met elkeen in die groep te werk en in verskillende aspekte van die bediening persoonlike hulp te verleen. As ’n sekere aspek van die bediening vir jou moeilik is, soos om herbesoeke te doen, kan jy dit gerus vir jou boekstudieopsiener noem. Hy kan miskien reël dat jy saam met ’n ervare verkondiger in die groep werk. Jou onderrigvermoë tydens Bybelstudies sal verbeter as jy noukeurig let op die boekstudieopsiener se goeie onderrigmetodes wanneer hy die boekstudie hou.—1 Kor. 4:17.

6. Waarom moet ons probeer om ten volle by die boekstudiereëling baat te vind?

6 Wat ’n seën is die Gemeentelike Boekstudie tog! Hierdie liefdevolle reëling van Jehovah help ons om geestelik sterk te bly gedurende die moeilike tye waarin ons lewe.—Ps. 26:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel