Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/90 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 1 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 8 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 15 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 22 JANUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 29 JANUARIE
Ons Koninkryksbediening—1990
km 1/90 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 1 JANUARIE

Lied 25

10 min: Plaaslike aankondigings. Beklemtoon ook aanbod vir Januarie soos genoem onder Aankondigings. Verstrek name van ouer publikasies voorhande. Bespreek kortliks inleidings wat saam met huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik kan word.

10 min: “Jongmense vra . . . Hoe kan ek my geld verstandig gebruik?” Bekwame broer bespreek die glanspunte uit artikel in Ontwaak!, 22 Januarie 1989, met twee of drie jongmense. Gee praktiese wenke oor hoe jongmense hulle geld kan gebruik om Koninkryksbelange te bevorder.

10 min: “Die verantwoordelikheid van dissipelskap.” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring, 1 Januarie 1989. Spoor almal aan om velddiensreëlings vir die naweek te ondersteun.

15 min: “Wees wakker vir geleenthede om Bybellektuur aan te bied.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Sluit tydens bespreking van paragraaf 5 ’n demonstrasie in van ’n verkondiger wat ’n Bybelstudie aanbied vir ’n huisbewoner wat reeds die publikasie(s) het. Sluit ook kort onderhoud in met verkondiger wat met welslae lektuur versprei en studies begin.

Lied 24 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 8 JANUARIE

Lied 54

5 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Kondig velddiensreëlings vir die naweek aan.

25 min: “Medical Document” en “Identity Card”. Presiderende opsiener moet kaarte laat uitdeel en brief van 1 Januarie 1990 oor “Medical Document” vir gedoopte verkondigers en “Identity Card” vir ongedoopte minderjarige kinders van Getuie-ouer of -ouers deeglik bespreek. Redeneer met gehoor oor waarom instruksies versigtig nagekom moet word sodat kaarte ons ten beste beskerm.

15 min: Rapportering van velddiens. Moet deur sekretaris behartig word. Ons kan eerbied vir Jehovah se organisatoriese reëlings toon deur pligsgetrou ons velddiens stiptelik aan die einde van elke maand te rapporteer. Baie verkondigers en gemeentes rapporteer steeds nie hulle velddiens gereeld elke maand nie. In ’n onlangse tydperk van agt maande het die Genootskap slegs een maand rapporte van al die gemeentes ontvang. Sommige moet verbeter in die manier waarop hulle rapporteer. Gemeentelike Boekstudiehouer speel ’n sleutelrol. Hy moet almal help om vroeg in die maand aan velddiens deel te neem. Verkondigers moet velddiens stiptelik aan die einde van die maand deur Gemeentelike Boekstudiehouer rapporteer sodat sekretaris die rapport nie later nie as die sesde van die volgende maand aan Genootskap kan stuur. Mag die manier waarop ons elke maand velddiens rapporteer ons eerbied en waardering vir organisatoriese reëlings weerspieël.

Lied 63 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 15 JANUARIE

Lied 4

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Sluit Genootskap se erkenning van alle bydraes in wat op Desember se staat aangegee word. Prys gemeente vir materiële ondersteuning van plaaslike en wêreldwye Koninkrykswerk.

20 min: “Bied die goeie nuus aan—Deur traktate goed te gebruik.” Vrae en antwoorde. Sluit tydens bespreking van paragrawe 5 en 6 twee demonstrasies in wat toon hoe (1) Die lewe in ’n vreedsame nuwe wereld en (2) Waarom jy die Bybel kan vertrou as deel van ’n inleiding gebruik kan word. Dit is nie nodig om die hele aanbieding te doen nie, maar demonstreer net hoe om oor te gaan na ‘Onderwerp vir gesprekke’. Beklemtoon hoe nuttig dit is om die inisiatief te neem om traktate by elke geleentheid aan te bied. Kondig gemeente se velddiensreelings aan en nooi almal om deel te neem.

15 min: Toespraak deur bekwame ouere man gebaseer op bladsye 30 en 31 van Skool-brosjure. Herinner ouers daaraan om skool te besoek en persoonlik taktvol met skoolhoof te praat oor gewetenstandpunt wat Jehovah se Getuies inneem oor godsdiensonderrig, buitemuurse bedrywighede, ens. Ouers moet hulle kinders voorberei op uitdagings wat hulle by die skool sal teëkom. Reël kort, goed voorbereide demonstrasie van ouer wat bladsy 3 van Skool-brosjure met onderwyser bespreek. Laat brosjure by onderwyser.—Sien Ons Koninkryksbediening, Januarie 1986, bladsy 3, par. 4, 5.

Lied 188 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 22 JANUARIE

Lied 171

8 min: Plaaslike aankondigings. Hersien gemeente se velddiensrooster vir week. Spoor almal wat kan aan om reëlings te tref vir velddiens hierdie naweek.

12 min: Waarom vergaderinge gereeld bywoon? Meld voordele kortliks (gAF88 6/8 bl. 20, 21). Sommige het neiging om weg te bly van vergaderinge gedurende week. Bespreek gemeente se gemiddelde vergaderingbywoning. Bywoning van alle vergaderinge noodsaaklik vir goeie geestelike gesondheid. Bespreek hoe belangrik dit is om vir vergaderinge voor te berei en daaraan deel te neem, om eie eksemplaar van publikasie by vergadering te hê en om as gesinne saam te sit. Enige opoffering wat nodig is om ons geloof te versterk namate ons Jehovah se dag sien nader kom, is die moeite werd.—Hebr. 10:23-25.

15 min: “Word bekwamer bedienaars.” Vrae en antwoorde. Sluit twee kort demonstrasies in van die voorgestelde inleidings in paragrawe 5 en 6 op bladsy 16 van Die Wagtoring, 15 Julie 1988 wanneer paragraaf 4 bespreek word. Dit moet van opregtheid getuig en positief wees.

10 min: Plaaslike behoeftes of toespraak oor “Wat dit beteken om ’n Christen te wees”. Dit moet gebaseer word op inligting in Insight, Deel 1, bladsye 440-1. Beklemtoon hoe belangrik dit is om Jesus se voorbeeld van liefde en selfopoffering te volg.

Lied 168 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 29 JANUARIE

Lied 135

12 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

13 min: “Identifikasie van Koninkryksale.” Lewer kommentaar oor plaaslike toepassing. Bespreek ook hoe belangrik dit is om Koninkryksaal skoon en in ’n goeie toestand te hou. Kringopsieners berig dat sommige sale nie in ’n goeie toestand gehou word nie. Bespreek toepaslike inligting op bladsye 61 en 62 in Ons bediening-boek met gemeente. Prys broers vir hulle ondersteuning om Koninkryksaal skoon te maak en te onderhou.

20 min: “Doeltreffende inleidings.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Demonstreer inleiding wat in paragraaf 5 gegee word. Demonstreer ook een van die inleidings in die Redenering-boek (bl. 9-15) wat gepas sal wees vir julle gebied. Spoor broers aan om die Redenering-boek by hulle in die velddiens te dra en om dit te gebruik om vrae te beantwoord en besware te bowe te kom. Spoor almal aan om hierdie naweek aan die velddiens deel te neem.

Lied 108 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel