Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/92 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Februarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Februarie
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 3 Februarie
  • Week wat begin met 10 Februarie
  • Week wat begin met 17 Februarie
  • Week wat begin met 24 Februarie
Ons Koninkryksbediening—1992
km 2/92 bl. 2

Diensvergaderinge vir Februarie

Week wat begin met 3 Februarie

Lied 63

10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer tydskrifaanbiedings wat op jongste tydskrifte gebaseer is. Moedig groepgetuieniswerk oor die naweek aan.

20 min: “Berei jou aanbieding voor vir Februarie” (10 min.) Vrae en antwoorde. (8 min.) Goed voorbereide demonstrasies van twee of drie van die voorgestelde aanbiedings wat die beste by die plaaslike gebied sal pas. (2 min.) Moedig almal aan om een of meer van die voorgestelde aanbiedings te leer en te gebruik.

15 min: “Adam en Eva”, Redenering-boek, bladsye 27-9. (5 min.) Inleidende toespraak gebaseer op materiaal onder tussenhofie: “Was Adam en Eva bloot sinnebeeldige (denkbeeldige) persone?” (6 min.) Demonstrasie van ’n herbesoek by iemand aan wie die verkondiger die vraag gerig het: ‘Was Adam se sonde God se wil, God se plan?’ (4 min.) Moedig almal aan om die dele in die Redenering-boek “As iemand sê—” as onderwerpe vir bespreking tydens herbesoeke te gebruik. Noem bykomende voorbeelde.

Lied 30 en slotgebed.

Week wat begin met 10 Februarie

Lied 215

10 min: Plaaslike aankondigings, asook velddiensreëlings vir die week. Moedig almal aan om hulle daarop toe te lê om herbesoeke gedurende hierdie week en maand te doen. Tydens hierdie Diensvergadering sal daar verduidelik en gedemonstreer word hoe vier praktiese aanbiedings gebruik kan word wanneer ons na belangstellendes teruggaan. Kies een of meer wat hierdie week gebruik kan word.

20 min: “Hoe om die gesprek te begin wanneer jy teruggaan”. (3 min.) Inleidende toespraak wat punte in paragrawe 1 en 2 dek. (15 min.) Goed voorbereide demonstrasies van elk van die drie aanbiedings in paragrawe 3-5. Lewer kommentaar ná elke demonstrasie, soos tyd dit toelaat, oor die praktiese aspekte van die aanbiedings. (2 min.) Gebruik punte in paragraaf 6 om almal aan te moedig om ten minste een van die voorgestelde aanbiedings voor te berei en te gebruik om gesprekke aan te knoop met diegene wat belangstelling getoon het.

15 min: “Kan jy hulppionierdiens doen?” Bespreking deur ouere man en verskeie verkondigers wat in die verlede as hulppioniers gedien het en wat beplan om weer in Maart en April in te skryf. Verkondigers dek punte in artikel en verduidelik waarom hulle hulppionierdiens wil doen. Hulle vertel van seëninge wat hulle gehad het en verduidelik watter aanpassings hulle moes maak om die vereiste aantal ure te bereik. Bespreking beklemtoon vreugdes van hulppionierdiens en moedig almal aan om hierdie diensvoorreg te oorweeg as hulle persoonlike omstandighede dit toelaat. Moedig gemeente ook aan om nou te begin beplan om op 11 April ’n volle aandeel aan die spesiale tydskrifdag te hê.

Lied 114 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Februarie

Lied 211

10 min: Plaaslike aankondigings, rekeningverslag en Genootskap se erkenning van bydraes. Prys broers vir hulle finansiële ondersteuning van Koninkryksbelange. Moedig verkondigers aan om hierdie naweek ’n aandeel aan die velddiens te hê.

20 min: “Maak seker dat jy teruggaan.” Vrae en antwoorde en demonstrasies. Demonstreer, nadat paragraaf 5 bespreek is, hoe ’n herbesoek gedoen word by iemand wat ’n traktaat geneem het. Bespreking lei tot ’n Bybelstudie in Paradys op aarde-boek. Demonstreer, nadat paragraaf 6 bespreek is, hoe herbesoek gedoen word by iemand wat lektuur voorheen geweier het. Vra verkondiger ná die demonstrasie waarom hy besluit het om terug te gaan na hierdie persoon wat nie lektuur tydens die eerste besoek wou neem nie.

15 min: “Voorsien met vreugde in die behoeftes wat die oeswerk meebring.” Vraag-en-antwoorddekking van paragrawe 1-16. Beklemtoon voordele daarvan om met Streekboukomitee in verbinding te tree voordat daar met ’n Koninkryksaalbouprojek begin word. Help almal om te besef hoe belangrik dit is om toegewyde middele verstandig te gebruik deur verstandige aankope, eenvoudige ontwerpe en uitvoerige boekhouprosedures.

Lied 133 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Februarie

Lied 115

10 min: Plaaslike aankondigings, waaronder velddiensreëlings vir die week en Teokratiese nuus.

15 min: “Ondersteun die pioniers.” Vrae en antwoorde en onderhoud. Beklemtoon seëninge wat hele gemeente geniet wanneer pioniers nodige ondersteuning gegee word. Voer onderhoud met pioniers, beklemtoon hoe hulle deur ouere manne en ander in die gemeente in hulle pionierdiens gehelp is.

20 min: “Voorsien met vreugde in die behoeftes wat die oeswerk meebring.” Bespreking van paragrawe 17-37 van byvoegsel deur twee broers wat plaaslik aan die Koninkryksaalbouwerk deelgeneem het, indien daar sulke broers in die gemeente is. Die behoefte aan meer vrywilligers moet beklemtoon word sowel as ’n verduideliking van die prosedure wat gevolg moet word wanneer ’n “Kingdom Hall Construction Worker Questionnaire” ingevul word. Skets kortliks wie kwalifiseer om hierdie vorms in te vul. Sluit positiewe ondervindinge in wat moontlik tydens plaaslike projekte geniet is.

Lied 43 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel