Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir November

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir November
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 4 November
  • Week wat begin met 11 November
  • Week wat begin met 18 November
  • Week wat begin met 25 November
Ons Koninkryksbediening—1996
km 11/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir November

Week wat begin met 4 November

Lied 29

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die plaaslike gemeente se velddiensrapport vir Augustus. Moedig diegene aan wat nog nie hulle velddiensrapport ingehandig het nie om dit onmiddellik te doen.

15 min: “Hanteer jy God se Woord reg?” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in oor “Waarom ons die Bybel moet ondersoek”, uit die Redenering-boek, bladsye 75-6.

20 min: “Dít beteken die ewige lewe” (Paragrawe 1-5). Maak kort inleidende kommentare oor paragraaf 1, en laat twee bekwame verkondigers dan die aanbiedings in paragrawe 2-5 demonstreer. Benadruk die doelwit om ’n Bybelstudie te begin.

Lied 128 en slotgebed.

Week wat begin met 11 November

Lied 40

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

20 min: Waarom moet ons vir Jehovah gee? ’n Bespreking tussen twee ouer manne, wat die aandag vestig op die hoofgedagtes in die artikel op bladsye 28-31 van Die Wagtoring van 1 November 1996. Of ’n ouer man kan die inligting in die vorm van ’n toespraak aanbied.

15 min: “Dít beteken die ewige lewe” (Paragrawe 6-8). Bespreek die voordele daarvan om ’n direkte benadering te gebruik om studies te begin. Laat ervare verkondigers die aanbiedings in paragrawe 6-7 demonstreer. Nooi die gehoor om van gevalle te vertel waar ’n studie op die eerste besoek begin is. Toe een man direk ’n studie aangebied is, het hy geantwoord: “Ja. Kom binne. Ek wil baie graag ’n studie hê.” ’n Studie is met hom begin, die volgende week het sy hele gesin die studie bygewoon, en dit was nie lank nie of almal het die vergaderinge bygewoon en aan die getuieniswerk deelgeneem. Moedig almal aan om hulle byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996 saam te bring na volgende week se Diensvergadering.

Lied 129 en slotgebed.

Week wat begin met 18 November

Lied 140

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Ons het ’n opdrag.” Vrae en antwoorde. Lewer kortliks kommentaar oor paragrawe 13-16 in Die Wagtoring van 1 Januarie 1988, bladsye 28-9.

20 min: Hou progressiewe Bybelstudies. Toespraak deur die diensopsiener. Ons gebruik die Kennis-boek al amper ’n jaar om Bybelstudies te hou. Party studente is waarskynlik al klaar met die boek terwyl ander al ver daarmee gevorder het. Ons is aangemoedig om daarop te konsentreer om die studies so te hou dat dit nuwelinge sal help om die waarheid vinnig te leer, in hulle lewe toe te pas en deel van die gemeente te word. Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996 het goeie wenke voorsien om ons te help om bekwame onderrigters te wees. Hersien kortliks van die dinge wat ons kan doen om ons studente op ’n bekwame wyse te onderrig, soos in paragrawe 3-13 van daardie byvoegsel bespreek is. Vestig die aandag daarna op wat nodig is om hulle te help om ’n standpunt vir die waarheid in te neem, soos uiteengesit in paragrawe 14-22. Lees paragrawe 15, 17, 20-1. Hersien ’n paar positiewe verslae wat toon hoe plaaslike verkondigers goeie resultate behaal het. Spoor meer aan om aan die Bybelstudiewerk deel te neem.

Lied 85 en slotgebed.

Week wat begin met 25 November

Lied 46

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Waardeer jy die Nuwe Wêreld-vertaling?” Toespraak deur ’n ouer man. Moedig die gemeente aan om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in die plaaslike tale te gebruik. Die Genootskap wil graag al die eksemplare van hierdie vertaling onder die publiek versprei voor die vrystelling van die volledige Nuwe Wêreld-vertaling.

10 min: Vraebus. Bespreek met gehoor.

15 min: Hersien lektuuraanbod vir Desember. Bied die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte aan saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? Gebruik bladsye 327-31 in die “Hele Skrif”-boek en toon die voortreflikheid van die Nuwe Wêreld-vertaling. Dit verdedig en verheerlik die Goddelike naam (paragrawe 1-2), die verbeterde vertalings daarin maak die teks verstaanbaarder (paragraaf 6) en dit is ’n kragtige instrument om in die bediening te gebruik (paragrawe 22-3). Hersien en demonstreer ’n kort aanbieding deur die gedagtes op bladsy 189 van Die Bybel—God se woord of die mens s’n? te gebruik. As die Nuwe Wêreld-vertaling nie in party van die plaaslike tale beskikbaar is nie, moet die verkondigers hulle daarop toelê om die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? aan te bied. Tref definitiewe reëlings vir ’n herbesoek waar belangstelling ook al getoon word.

Lied 180 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel