Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/99 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Januarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Januarie
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 4 Januarie
  • Week wat begin met 11 Januarie
  • Week wat begin met 18 Januarie
  • Week wat begin met 25 Januarie
Ons Koninkryksbediening—1999
km 1/99 bl. 2

Diensvergaderinge vir Januarie

Week wat begin met 4 Januarie

Lied 36

15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. As vergaderingtye op 1 Januarie verander het, herinner almal daaraan om strooibiljette te gebruik wat die nuwe tye aandui. Demonstreer die aanbod vir die maand en sluit die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in waar dit beskikbaar is.

15 min: Plaaslike behoeftes.

15 min: “Beoefen geduld.” Gesinsbespreking. Hulle bespreek maniere waarop hulle meer geduld in hulle bediening kan beoefen. Sluit gepaste gedagtes in uit Die Wagtoring van 15 Junie 1995, bladsy 12.

Lied 61 en slotgebed.

Week wat begin met 11 Januarie

Lied 88

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: Godvrugtige gehoorsaamheid in ’n godsdienstig verdeelde gesin. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Junie 1995, bladsye 26-9. Gee vriendelike aanmoediging en raad wat diegene met ongelowige maats sal help om ’n positiewe gesindheid te behou en saam met die gemeente bedrywig te wees.

20 min: “Opsieners wat die leiding neem—Gemeentelike Boekstudiehouers.” Toespraak deur ’n voorbeeldige boekstudiehouer waarin hy sy pligte uiteensit. Hy toon hoe hierdie werk tot die vooruitgang en die geestelike welsyn van die gemeente bydra. Sluit sleutelpunte in uit Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 43-5, 74-6.

Lied 135 en slotgebed.

Week wat begin met 18 Januarie

Lied 169

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Berei nou voor om God se wet in verband met bloed te onderhou. Bekwame ouer man bespreek hoe belangrik dit is om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Na afloop van hierdie vergadering sal gedoopte Getuies ’n nuwe kaart kry en diegene met ongedoopte minderjarige kinders sal ’n “Identity”-kaart vir elke kind kry. Hierdie kaarte moet nie vanaand ingevul word nie. Hulle moet noukeurig tuis ingevul, maar NIE geteken word nie. Al die kaarte sal na afloop van die volgende Gemeentelike Boekstudie onder toesig van die Boekstudiehouer deur die verkondigers en dié wat as getuies optree, geteken en gedateer word. Maak seker dat die kaarte volledig ingevul is voordat julle dit teken. Diegene wat as getuies teken, moet persoonlik sien dat die kaarthouer die dokument teken. Ongedoopte verkondigers kan hulle eie dokument vir hulle en hulle kinders opstel deur die bewoording van hierdie kaart by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas. Boekstudiehouers moet ’n lys opstel om seker te maak dat almal wat in hulle groep is die nodige hulp ontvang om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Sien die brief van 15 Oktober 1992 vir verdere besonderhede. Indien die tyd dit toelaat, kan daar na die Ontwaak! van 8 Desember 1998, bladsye 18-21, verwys word.

25 min: “Hoe om studies in die Vereis-brosjure te begin.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Demonstreer aanbieding in paragraaf 6. Nooi gehoor om te vertel van die welslae wat hulle al behaal het deur die Vereis-brosjure te gebruik.

Lied 197 en slotgebed.

Week wat begin met 25 Januarie

Lied 201

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner alle verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee.

15 min: “Aanpassing in die uurvereistes vir pioniers.” Toespraak deur ouer man. Prys pioniers in gemeente en moedig meer verkondigers aan om met hulp- en gewone pionierdiens te begin, met die oog op die ekstra bedrywighede gedurende Maart, April en Mei. Sluit inligting in uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1997 en Julie 1998.

20 min: Ondersoek jy die Skrif elke dag? Toespraak en gehoorbespreking. Die Genootskap voorsien elke jaar die boekie Ondersoek die Skrif. Maak julle as individue of as ’n gesin goed gebruik van hierdie publikasie? Verduidelik die voordele daarvan om die Bybelteks vir elke dag te lees. Bespreek gedagtes uit die voorwoord van die boekie Ondersoek die Skrif elke dag—1999, bladsye 3-4. Nooi verkondigers om te vertel van die spesiale poging wat hulle aanwend om as individue en gesinne getrou die dagteks en kommentare te lees.

Lied 225 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel