Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/89 bl. 2-4
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Vind ten volle baat by velddiensvergaderinge
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Doeltreffende velddiensvergaderinge
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 2/89 bl. 2-4

Vraebus

• Hoe moet velddiensvergaderinge gehou word?

Die velddiensvergadering is ’n vaste gemeentereëling. Dit moet ordelik en met waardigheid gehou word. Die gesindheid en dekorum van diegene wat dit bywoon, moet dieselfde wees as wanneer hulle ander gemeentelike vergaderinge bywoon. Die vergaderinge moet op tyd begin, selfs wanneer ons weet dat ander later sal kom. Die persoon wat die vergadering lei, moet voorberei wees om iets prakties aan te bied wat daardie dag in velddiens gebruik kan word. Ons Koninkryksbediening verskaf nuttige informasie en wenke vir hierdie vergadering.

Dit is nie nodig om die dagteks by elke vergadering te bespreek nie. As die teks vir daardie dag duidelik ’n grondslag voorsien vir bemoediging in die velddiens kan dit kortliks bespreek word. Die vergadering moet vroeg genoeg gehou word sodat daar genoeg tyd aan die velddiens bestee kan word. Dit moet net 10 tot 15 minute lank wees. Maar dit kan korter wees as dit na ’n gereelde gemeentelike vergadering gehou word. Die pioniers se rooster moet ook in ag geneem word, aangesien velddiensvergaderinge wat te laat aanhou of laat begin ’n las op diegene kan plaas wat streng by ’n tydrooster moet bly.

Reëlings moet getref word sodat elkeen teenwoordig ’n toegewese plek het om in te werk. Sommige het dalk persoonlike reëlings getref om herbesoeke te doen of ’n Bybelstudie te hou en hoef nie gebied te kry om in te werk nie.

Alle aanwesiges moet gedurende die vergadering aandag skenk en hulle samewerking gee totdat die groepe vir die veld gereël en ’n gebed gedoen is. Diegene wat reeds reëlings getref het, kan dit meld. Spesifieke groepaanwysings en gebiede moet voor die afloop van die velddiensvergadering gereël word​—nie in die parkeerterrein of by die een of ander openbare plek nie. Die vergadering vir velddiens moet met gebed afsluit. Ons kan met vertroue groter seën op die predikingswerk vir daardie dag van Jehovah verwag as almal hierdie wenke volg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel