Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek- hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 1 September tot 22 Desember 1997. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Hoewel die verslag sê dat die ontroue koning Joram in die noordelike ryk van Israel regeer het, weet ons nie wie sy ouers was of hoe hy gesterf het nie. [it-1 bl. 1270 par. 8, 12] Onwaar. Die Bybel sê vir ons dat Joram se ouers Agab en Isebel was en dat hy gesterf het toe Jehu hom met ’n pyl deur die hart geskiet het (2 Kon. 9:22-26).
2. In Lukas 22:30 het “die twaalf stamme van Israel” dieselfde betekenis as in Matteus 19:28, waar die toepassing verder strek as Jesus se geesverwekte onderpriesters en ook die res van die mensdom insluit. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 3/1 bl. 27 par. 10; bl. 28 par. 12.] Waar.
3. Jesus se dissipels was verbaas oor die feit dat hy met ’n Samaritaanse vrou gepraat het, omdat sy ’n onsedelike lewe gelei het (Joh. 4:27). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 7/15 bl. 15 par. 1-2.] Onwaar. Hulle was blykbaar verbaas dat Jesus nie die destydse rabbynse tradisie gevolg het wat mans ontmoedig het om in die openbaar met vroue te praat nie. Sy was ook ’n Samaritaan, en die Jode het niks met die Samaritane te doen gehad nie.
4. Die uitdrukking “van die begin af” in Johannes 6:64 toon dat Jesus geweet het dat Judas die een sou wees wat Hom sou verraai toe hy hom as ’n apostel gekies het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien it-2 bl. 129 par. 4-6; rs-AF bl. 313 par. 4-5.] Onwaar. Aan die begin van sy apostelskap was Judas aan God en aan Jesus getrou. Johannes moes dus bedoel het dat Jesus dit gesien het “van die begin af”, van die tyd toe Judas begin sleg word het en voor onvolmaaktheid en sondige neigings begin swig het.
5. Die Genootskap se handves van 1884 het slegs daarna verwys as ’n uitgewersorganisasie. [jv-AF bl. 576 par. 2] Onwaar. Dit het duidelik getoon dat die Genootskap se eintlike oogmerk godsdienstig van aard is; dit is gestig vir “die verspreiding van Bybelwaarhede in verskillende tale”.
6. Exodus 21:22, 23 (NW) help ons om te besef dat God die ongebore kind as ’n kosbare lewe beskou. [kl-AF bl. 128 par. 21] Waar.
7. Die “fees van die Jode” wat in Johannes 5:1 gemeld word, verwys na die Pasga van 31 G.J. [si-AF bl. 194 par. 8] Waar. Die verband plaas dit kort ná Jesus gesê het dat daar “nog vier maande . . . voor die oes” is, wat derhalwe daarop dui dat die fees die Pasga was, wat omstreeks die begin van die oes gevier is (Joh. 4:35).
8. Om die Koninkryksboodskap deur radio- en televisie-uitsendings bekend te maak, is net so doeltreffend soos enige ander metode wat ons dalk gebruik. [jv-AF bl. 572 par. 3] Onwaar. Hoewel radio- en televisie-uitsendings gebruik is om die goeie nuus bekend te maak, is persoonlike kontak met individue baie doeltreffender.
9. Aangesien Jojagin sewe seuns gehad het, moet die skriftuurlike opdrag: “Skryf hierdie man op as kinderloos”, ’n fout gewees het (Jer. 22:30). [it-1 bl. 1267 par. 10] Onwaar. Dit was geen fout nie. As ’n mens die hele vers lees, toon dit dat Jojagin kinderloos was in die sin dat nie een van sy nakomelinge ooit vanuit aardse Jerusalem geheers het nie.
10. Of burgerlike owerhede nou as regverdig of onregverdig beskou word, ware Christene moet hulle huwelik behoorlik by hulle laat registreer. [kl-AF bl. 122 par. 11] Waar (Mark. 12:17).
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter noodsaaklike stap moet gedoen word om bose geeste te weerstaan, in ooreenstemming met die voorbeeld van eerste-eeuse Christene in Efese? (Hand. 19:19) [kl-AF bl. 114 par. 14] Raak ontslae van enigiets wat ’n spiritistiese gebruik het of wat enigsins daarmee verband hou.
12. Hoe het sekere engele in Noag se dag gesondig? [kl-AF bl. 109 par. 4] Hulle het hulle diens in die hemel verlaat en vleeslike liggame aangeneem om hulle begeerte na geslagsomgang met vroue te bevredig. (Inhoud voldoende)
13. Waarom het Jesus geweier om by ’n geskil aangaande ’n erfenis betrokke te raak? (Luk. 12:13, 14) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 4/1 bl. 28.] Jesus het gekom om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig, nie om regsake te beslis nie. Daarbenewens het God se Wet reeds ’n metode bevat om geskille te besleg (Deut. 1:16, 17).
14. Waarvan was die dissipels onbewus toe hulle Jesus gevra het of hy die Koninkryk vir Israel gaan herstel, soos in Handelinge 1:6 opgeteken staan? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 6/1 bl. 11 par. 4.] Hulle was onbewus van die feit dat die Koninkryk ’n hemelse koninkryk sou wees.
15. Waarom kon Adolf Hitler nie sy dreigement uitvoer om Jehovah se volk uit te wis nie? [jv-AF bl. 553 par. 2-4] Die antwoord kan gevind word in Gamaliël se woorde, soos opgeteken in Handelinge 5:38, 39; die werk wat Jehovah se Getuies doen, kom van God self en kan dus nooit deur mense stopgesit word nie.
16. Hoe het Jaïrus getoon dat hy geloof gehad het in Jesus se vermoë om te genees? (Mark. 5:22-24) [it-1 bl. 1250 par. 14] Hy het die inisiatief geneem om Jesus te gaan soek; nadat Jaïrus Jesus gevind het, het hy voor sy voete neergeval, hom gesmeek om na sy huis toe te gaan en hom self daarheen geneem.
17. Waarom sê die Nuwe Wêreld-vertaling “die Woord was ’n god” en nie soos ander vertalings van Johannes 1:1 “die Woord was God” nie? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien rs-AF bl. 233 par. 2.] Die bepalende lidwoord (die) verskyn voor die eerste “the·osʹ” (God), maar nie voor die tweede nie. Die naamwoordkonstruksie waarin die lidwoord voorkom, dui op ’n identiteit, ’n persoonlikheid, terwyl ’n enkelvoudige, predikatiewe selfstandige naamwoord sonder die lidwoord voor die werkwoord (soos die sin in Grieks gekonstrueer is) op ’n eienskap van iemand dui. Die teks sê dus nie dat die Woord (Jesus) dieselfde was as die God by wie hy was nie, maar eerder dat die Woord goddelik, ’n god, is. (Inhoud voldoende)
18. Waar sal “dié wat spiritisme beoefen” volgens die boek Openbaring beland as hulle nie berou toon en hulle weë verander nie? [kl-AF bl. 111 par. 8] Hulle sal beland in “die poel wat met vuur en swael brand”, wat “die tweede [ewige] dood” beteken (Op. 21:8).
19. Waarom het Jesus nie toegelaat dat iemand hom “Goeie Leermeester” noem nie, al was hy ’n volmaakte man en al het hy sy rol as Leermeester erken? (Luk. 18:18, 19) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 3/1 bl. 15 par. 7.] Jesus het hierdie titel verwerp omdat hy beskeie was en gou was om eerder aan Jehovah eer te gee as aan homself. (Inhoud voldoende)
20. Wat was nuut omtrent die opdrag in Johannes 13:34? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 2/1 bl. 21 par. 5-6.] Jesus se liefde het onder andere behels dat hy sy lewe vir ander opgeoffer het, en sy dissipels moet bereid wees om dieselfde te doen. Dit was ’n hoër vlak van liefde, aangesien die Mosaiese Wet nie so ’n opoffering vereis het nie.
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende stellings te voltooi:
21. Die voorbeeld van Ittai, die Gittiet, wat lojaliteit teenoor Dawid betoon het, moet ons beweeg om hierdie selfde eienskap teenoor diegene te betoon wat vandag die leiding in Jehovah se organisasie neem (2 Sam. 15:21). [it-1 bl. 1237 par. 17]
22. Die “tien minas” beeld bates af wat geesverwekte dissipels kan gebruik om meer erfgename van die hemelse Koninkryk in te bring (Luk. 19:13). [4, Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 10/1 bl. 8.]
23. Drie valse aanklagte wat die Jode teen Jesus ingebring het voor Pilatus, die Romeinse goewerneur van Judea, was onder meer dat hy die nasie Israel ondermyn, die betaling van belasting aan Caesar verbied en sê dat Hy self ’n koning is (Luk. 23:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 12/1 bl. 9 par. 1.]
24. Ware Christene vier nie Kersfees of enige ander vakansiedag wat op valse godsdiensopvattings gegrond is nie, want hulle gee uitsluitlike toegewydheid aan Jehovah; hulle vier ook nie vakansiedae wat sondige mense of nasies vereer nie. [kl-AF bl. 126 par. 16]
25. Die boek Handelinge is deur Lukas geskryf terwyl hy in Rome was. [si-AF bl. 199 par. 3]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende stellings:
26. Teen 1992 is meer as (2 500; 4 500; 6 500) studente uit (40; 80; 110) lande by Gilead opgelei, en hulle het daarna in meer as (100; 150; 200) lande en eilandgroepe gedien. [jv-AF bl. 524 par. 2]
27. In (1877; 1879; 1881) het Charles T. Russell die boekie The Object and Manner of Our Lord’s Return uitgegee, en in (1877; 1879; 1881) het hy Zion’s Watch Tower and Herald of Christ’s Presence begin uitgee. [jv-AF bl. 557 par. 1]
28. ’n Godvrugtige lewenswyse waarborg dat (ander ons altyd goed sal behandel; ons nou ’n oorvloed materiële dinge sal geniet; ons God se goedkeuring sal geniet omdat ons doen wat reg is). [kl-AF bl. 118 par. 2]
29. Toe Jesus die apostel Petrus gevra het: “Het jy my liewer as hulle?” het Hy Petrus gevra of hy Hom liewer gehad het as wat (hy hierdie ander dissipels liefgehad het; hierdie ander dissipels Jesus liefgehad het; hy hierdie dinge, soos die vis, liefgehad het) (Joh. 21:15). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 11/1 bl. 31 par. 9.]
30. Diegene wat die leiding geneem het in die verspreiding van die goeie nuus was oor die algemeen (ryk mense; mense na wie die wêreld opgesien het; gewone mense). [jv-AF bl. 548 par. 3]
Paar die volgende tekste af met die stellings hieronder:
2 Kon. 10:15, 16; Spr. 3:9, 10; Luk. 9:60, 62; 13:4, 5; Rom. 9:10-12
31. Jesus het argumente teen fatalistiese redenasies aangevoer en na ’n tragedie verwys waarmee sy toehoorders goed bekend was en wat hy heel duidelik aan tyd en onvoorsiene gebeurtenis toegeskryf het. [Luk. 13:4, 5] [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w96-AF 9/1 bl. 5 par. 5.]
32. Jehovah het sy vermoë geopenbaar om die genetiese neigings van die ongebore kind vas te stel en het sy voorkennis en reg gebruik om diegene wat hy vir sy voornemens kies vooraf uit te soek. [Rom. 9:10-12] [it-1 bl. 1242 par. 6]
33. Heelhartige toegewydheid is nodig om in die Koninkryk in te gaan. [Luk. 9:60, 62] [si-AF bl. 192 par. 32]
34. Jehovah sal ons seën wanneer ons tyd, energie en ander middele, met inbegrip van ons geld, gebruik om ware aanbidding te bevorder. [Spr. 3:9, 10] [kl-AF bl. 120 par. 8]
35. Ons moet diegene wat die leiding in Jehovah se aanbidding neem lojaal ondersteun. [2 Kon. 10:15, 16] [it-1 bl. 1269 par. 8]